OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 50
Beginsels deur vuur gelouter
8 Desember 2007 om 21h00
Om te sê dat julle beginsels het, is nie genoeg nie. Jou lewe en dade moet bewys dat jy aan jou beginsels kan vashou. Toe ‘n man tydens die regering van Bloedige Maria met die dood gedreig is om sy getuienis vir Christus terug te trek, was sy antwoord: “I shall not retract. I am corn and not chaff which the wind takes away.” Ja, jou dade moet jou woorde bevestig, soos in die voorbeeld van die drie jong manne in die brandende vuuroond. Al het hulle uit vroom gesinne gekom, was die versoeking groot om hulle beginsels te laat vaar. As hulle ingewillig het om hulle knieë te buig voor ‘n goue beeld soos al die ander, sou die koning hulle nog meer gunste bewys het. Hulle sou ook die brandende vuuroond vryspring.
Maar onverskrokke en manmoedig het hulle geweier. Hulle het alleen tussen duisende gestaan en dit gewaag om anders te wees. Hulle het aan twee groot beginsels vasgehou: Dat Ek bestaan en hulle My alleen moet aanbid; dat Ek die mag het om hulle te red. Die gevolge van hulle handelswyse was dramaties en bevrydend. Hulle het ‘n heerlike oorwinning in My Naam behaal en hul selfrespek behou, sonder enige ophef of grootdoenerigheid. Ja, hulle was vry van enige selfverwyt en skuldgevoel. Hulle het deur die vuurproef gegaan en tog is hulle gered. Dit moes op die heidene ‘n onuitwisbare indruk gemaak het, sowel as op almal wat deur die eeue heen en vandag nog hierdie boodskap lees.
Ek, julle Vader, wil julle uit hierdie geskiedenis leer dat julle getrou moet wees tot die dood toe. Kyk Sadrag, Mesag en Abednégo was aan My getrou, daarom was Ek aan hulle getrou. Maar onthou, Ek is nie in elke vuuroond van beproewing nie: Indien julle in voorspoed sonder My lewe, sal julle vergeefs in die vuuroond na My soek. Ek wil julle ook leer om onbevrees te wees. My teenwoordigheid help julle deur die diepste nood: “Ek is vir jou ‘n helper en jy sal nie vrees nie – wat sal ‘n ander aan jou doen?”
Julle kan alleen beginselvas wees as Ek, julle liefdevolle Vader, sentraal staan in julle lewe.
Ek moet die troonposisie in julle harte beklee. Glo in My en wees lief vir My en Ek sal jou sterk maak in die uur van toetsing. Om My ontwil.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205