OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Die Meester se juk
30/11/2007 om 20h00
Kyk, as julle na My toe kom en Ek skenk julle rus, wat gebeur dan? Gaan julle dan op pensioen? Nee, dan sê Ek vir jou: Neem My juk op jou! Die juk is deel van die rus wat Ek gee. Want op die punt van totale oorgawe, is julle binne die wil van die Vader en dit is wat Ek bedoel met My juk: Buite My wil, buite My juk, is daar geen rus nie.
Baie van julle is nie hiervoor bereid nie. Julle sê: Julle sal na MY kom, maar julle wil nie My juk hê nie. Jy wil My kind wees, jy het My lief, jy wil My rus ervaar, jy wil geestelik groei – maar nie die juk nie. Miskien later! Jy wil eers jou studies voltooi, dan sal jy die juk opneem. Jy wil eers jou posisie by die werk verseker, voordat jy die juk opneem. Jy wil eers jou jong lewe geniet.
Sommige van julle sê: Jy wil `n kind van My, die Vader wees, maar jy wil jou nie laat bind nie. Nie nou al nie! Die Bybel sê: Geen mens is in daardie gesin “vry” nie. Óf jy is in die juk van My, óf in die juk van jou eie selfsug, jou ambisie, jou vrese, jou humeur, jou sonde en verlede.
Dit is dus die keuse: Is jy in die juk van My, of dien jy mense, of jouself? Of dalk die duiwel? Dit is die vraag. En wees eerlik. Die groot onrusstoker in hierdie lewe is nie jou buurman wat sy gras op Sabbat sny of aan sy motor werk nie, maar die duiwel. Hy hou jou so gespanne. Hy wil hê dat jy uitbrand. Hy wil hê dat daar niks van jou oorbly nie. Daarom sê Ek, die Messias: Eers onder My juk word jy werklik vry. Want binne My wil word jy rustig. Dan kom die vrede in jou siel, as vrug van die Gees. En dan kan die duiwel, of geen mens, of omstandighede, dit van jou wegneem nie. Dit is toegesluit by My, julle Vader.
Maar nou die belangrikste: As jy My juk opneem, dan verbind Ek, jou Vader, jou aan drie dinge waaroor jy jou moet besin.
1.      Die juk verbind ons aan Messias
Ek, julle Vader, verbind jou in die eerste plek aan Messias self.
Dit beteken: Van hierdie selfde oomblik af is Ek in beheer; bepaal Ek die koers; neem Ek die voortou. En jy volg. En dit is rus, want nou is alles in My hande. Maar weet jy wanneer word jy moeg? Wanneer jy na links of regs wil beur. Wanneer jy skop teen die prikkels. Dan skaaf My juk. Dis pyn. “Kom na My, die Messias toe, neem My juk en volg waar Ek lei en kyk hoe rustig jy gaan word.”
Kom ons sê dit maar platweg; niemand het `n rekord soos wat Ek, julle Vader, het nie. Oor miljoene jare het Ek in miljoene mense se lewens, nog nooit iemand in die steek gelaat nie. Nog nooit was Ek in julle lewe `n sekonde te vroeg of te laat nie. Alles het gebeur op sy bestemde tyd. Genade wat genoeg was. Leiding wat wys was. Keerpunte wat nodig was. Helinge wat wonderbaarlik was. Versoeninge wat verrassend was.
Hoe rustig om te weet: Iemand wat die weg reeds ken, gaan voor jou uit. Ek weet wat jy nodig sal hê.
2.      Die juk van Messias verbind aan mede-Christene
Die juk van My verbind jou met ander. Dis `n dubbeljuk. Dit verbind jou met die span van My met My mense; met mede-Christene. Sommige van hulle mag dalk eienaardig of moeilik wees. Maar jy kan nie eendag vir My sê: As jy `n ander man of vrou gehad het, sou jy My soveel beter kon dien nie.
Om in My juk te trek, beteken dat jy verbind word met jukgenote wat Ek uitverkies het. Christen-wees beteken dat jy moet klaarkom met jou kamermaat, met jou man/vrou, ouers/kinders, werknemer/werkgewers, jou klasmaats; jukgenote, lotgenote.
Die toets vir jou Christenskap is: Bind jy bande, of maak jy moeilikheid waar jy kom. Die juk van die Messias verbind jou aan nog `n saak.
3.      Die juk van die Messias verbind ook vir jou aan jou taak en roeping
Die juk is nie bedoel om die lewe swaarder te maak nie. Die juk wil juis die werk vergemaklik. Die juk is daar om mee te ploeg en daar word geploeg om te kan plant en daar word geplant om `n oes in te kry. En dit is waarom dit gaan.
Om na My te kom, is om My rus te ontvang, maar deel van My rus is om deel van My Koninkryksplan te word.
Jy kan My nie liefhê en nie betrokke raak nie. Besef julle hoe moeg mense raak wat `n leeftyd lank op die “pawiljoen” bly sit. `n Leeftyd skuil agter ander. Bang om verantwoordelikheid te aanvaar. Bang om te misluk. Nee, neem My juk op, raak betrokke, so sê Ek.
Sien vandag jou beeld as Christen opnuut as juk- en lasdraer. Kyk, Ek gee jou `n uitnodiging. Neem My juk op, want My juk is sag en My las is lig.
Jou liefdevolle Vader
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205