OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 62
Moedhou
11 Desember 2007 om 20h10
Wat is Christelike moed? Julle is geneig om moed te verwar met vreesloosheid of roekeloosheid. Moed is nie die afwesigheid van vrees nie; moed is die oorwinning van vrees.
Moed is om te doen wat gedoen moet word met die diep innerlike oortuiging dat, as jy jou plig doen, jy vir die res op My kan vertrou.
Moed is om onverskrokke te soek na die waarheid en wanneer jy dit ontdek het, dit na te volg sonder bekommernis oor die gevolge.
Moed is om onder alle omstandighede onkreukbaar eerlik en regverdig te wees.
Moed is die vermoë om, wanneer omstandighede dit vereis, nee te kan sê.
Moed is om met jou moeilikhede en probleme te worstel tot die oorwinning toe, in plaas van om in selfbejammering te beswyk.
Moed is om ‘n eerlike tugmeester oor jouself te wees en selfdissipline te beoefen oor jou intellek, jou liggaam en jou gees.
Moed is om nooit agter jou gebreke of tekortkominge te skuil, of om hulle as ‘n verskoning te gebruik om jou naasbeste te lewer nie.
Moed is om jou Christelike getuienis vreesloos te lewer, of dit tot jou voordeel of jou nadeel is.
Kyk, Ek sal jou lei tot die oorwinning en Ek sal jou daagliks moed gee in die stryd.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205