OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 96
Aanvaar jou opdrag.
24 Desember 2007 om 02h45
Nee, Ek het jou gemaak wat jy nou is: Ek het jou geskep om jou lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Ek jou bestem het.
Jy is op aarde geplaas om ‘n bydrae te maak.
Jy is nie net geskep om hulpbronne te verbruik, met ander woorde om te eet, asem te haal en ruimte in te neem nie. Ek het jou ontwerp om met jou lewe ‘n verskil te maak. Jy is geskep om lewe by die aarde te voeg, nie net om iets te neem nie. Ek wil hê jy moet iets teruggee. Wanneer jy ander mense op enige manier dien, dien jy My, en vervul jy een van jou doele. Jy is vir ‘n spesiale sending op hierdie aarde geplaas.
Jy is gered om My te dien. Die Woord sê: “Ek het jou gered en geroep om aan My toegewy te wees. Dit het Ek gedoen, nie op grond van jou dade nie, maar op grond van My eie besluit en die genade wat Ek van ewigheid af in My aan jou geskenk het.” Ek het jou verlos sodat jy My “heilige werk” kan doen. Jy is nie deur diens gered nie, maar vir diens. Dit het My eie lewe gekos om jou verlossing te koop. Julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet My dus in julle liggame verheerlik. Deur die verlossing is jou verlede vergewe, het jou hede betekenis, en is jou toekoms verseker.
‘n Heilige lewe beteken dat jy My werk met ‘n glimlag doen. Ek wil jou gebruik om ‘n verskil in die wêreld te maak. Ek wil deur jou werk. Die belangrikste is nie hoe lank jou lewe duur nie, maar hoeveel daarvan jy skenk. Nie hoe lank jy geleef het nie, maar hoe jy geleef het.
Aan elkeen van julle is ‘n genadegawe gegee volgens die mate waarin Ek die gawes uitgedeel het. Jy kan ook nie kies watter gawe jy graag wil hê nie. Ek bepaal dit. Omdat Ek baie hou van verskeidenheid, en wil hê jy moet spesiaal wees, word geen enkele gawe aan almal uitgedeel nie. Geen individu ontvang ook al die gawes nie. Jy het jou sielsgawes nie vir jou eie voordeel gekry nie, maar vir ander mense se voordeel, net soos ander mense gawes vir jou voordeel gekry het.
Onthou, Ek het jou gemaak wat jy nou is: In My het Ek jou geskep om jou lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Ek jou bestem het. jy is My handgemaakte kunswerk. Jy is ‘n pasgemaakte, eenmalige, oorspronklike meesterstuk.
Moenie net ‘n “lekker lewe” probeer behaal nie, want ‘n lekker lewe is nie goed genoeg nie. Op die ou einde bevredig dit nie. Jy kan baie hê om van te leef, maar min om vir te leef. Reik eerder na “die beter” lewe – deur My so te dien dat dit jou hartsbegeerte uitdruk. Stel vas wat jy die graagste doen – waarvoor Ek jou ‘n hart gegee het – en doen dit tot My glorie.
03h30
Al maak julle hoeveel planne, wat Ek besluit staan vas.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205