OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Volhard soos atlete
30/11/2007 om 14h00
Enige mens wat in ‘n saak met meriete volhard, dwing respek af.
Volharding is noodsaaklik as jy iets wat meer as net tydelik van aard is, wil bereik. Dit vra wilskrag en uithouvermoë om aan te hou wanneer dinge teen jou draai, koers te hou as dit sleg gaan, soos in ‘n langafstand wedloop waartydens jy soms deur die sogenaamde pynhindernisse moet hardloop.
Die Christen se volharding op die pad van geloof in My gaan ook soms deur pynhindernisse. Hindernisse wat die sterkte van jou knieë en die krag in sy bene soms tot die uiterste beproef en groot wilskrag in My vra. Voorbeelde hiervan is die oorbrugging van die kloof tussen die Woord en ons daaglikse lewenspraktyk; die dikwels eensame stryd teen jou eie wankelende geloof enersyds en ‘n openlike, banale verontagsaming van Bybelse beginsels in jou teenwoordigheid andersyds: Die pyn van ‘n slegte gewete voor my julle Vader.
Kyk, julle word juis hier aangemoedig om in die geloof te volhard. In die geval met julle, is daar alreeds tekens dat julle geestelik moeg word en uitsak. Sommige versuim by eredienste, julle spoor mekaar nie meer tot dade van liefde en goeie werke aan nie, julle is besig om die vrymoedigheid om te bid te verloor – waarskynlik omdat julle My nie meer reguit in die oë kan kyk nie.
Maar, Ek sê vir julle, julle kan volhard. Dit is moontlik en daar is verskeie faktore in julle guns.
Die eerste faktor is die groot skare gelowiges, gelowiges wat voor julle volhard het. Hulle moedig julle aan, juig julle soms staande toe.
Die tweede faktor is dat Ek saam hardloop, van die begin af tot op die einde. Ek is immers die Begin en Voleinder van die geloof. Ek tel jou ook op as jy nie meer kan nie, Ek moedig jou aan, Ek gee jou krag.
Die derde faktor is dat My voorbeeld van volharding aan die kruis en alles wat daarmee gepaard gegaan het – vir julle en julle volharding – voor jou oë is as jy hardloop. Hou jou oë daar, gooi elke las af wat jou kan keer, en volhard!
Ja, hou jou oog op My, want Ek hardloop saam met julle in die wedloop van die lewe. Wees dankbaar, en wees net lief vir My.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205