OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 74
‘n Tyd om te soek
14 Desember 2007 om 21h45
Ja, die mens is van nature ‘n soeker. Sedert jou vroegste jeug, wanneer jy met opwinding aan ‘n skattejag deelneem, tot op jou sterfbed wanneer jy die sleutel soek tot die misterie van die dood, bly julle die soeker by uitnemendheid. In noodberigte word daar gesoek na mense in verband met die een of ander krisis. Die wetenskap soek oplossings vir die genees van kwale en na wapens waarmee hulle makliker en gouer die medemens kan uitwis. Die wêreld soek na vrede en daar is net oorlog. Oral en altyd is almal besig om te soek. Die grootste soektog van die mens is egter die soektog na My.
Daar is by elkeen van julle ‘n onblusbare verlange en behoefte na My. Ja, oral waar daar mense is, word daar naarstiglik na My gesoek. Julle is vir My gebore en julle vind nêrens rus voordat julle rus gevind het in My nie. Selfs wanneer julle van My probeer ontvlug, is julle onbewustelik besig om te soek. Net so min as wat die verlore seun in die ver land kon leef, kan julle sonder My bestaan. Ek is die beginsel van alle ware lewe. Sonder My weet jy nie waar jy vandaan kom, wat jy hier maak en waarheen jy op reis is nie: ‘n reisiger na nêrens.
Die lewe bly vir julle ‘n raaisel totdat Ek sin en betekenis daarin geplaas het. Deur My Woord en Gees kom jy in aanraking met My wat weet van jou, wat verstaan en wat omgee wat van jou word. Sonder My dryf die vrae van die lewe jou teen die mure uit en vind jy nooit rus vir jou gemoed nie. Ja, Ek is ‘n God wat soek. Vanaf Genesis, toe Ek Adam in die tuin gaan soek het, tot in Openbaring waar Ek jou verseker dat Ek by die deur staan en klop, soek Ek na julle. Jesaja sê julle moet My soek terwyl Ek naby is. In die dae van julle jeug, wanneer die lewe nog oop voor julle lê, moet julle My soek totdat julle My vind. Dan sal die lewe oopblom en sal julle soektog beëindig word.
Julle wat eerlike soekers is, laat julle soektog in My liefde eindig. Ek gee julle vandag ‘n belofte dat die van julle wat My soek, sal My ook vind.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205