OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 147
In die hart
09 Januarie 2008 om 02h30
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. In ‘n mens se hart lê ‘n hele wêreld waarvan niemand weet nie, waar niemand behalwe Ek kan inkyk nie. Voorwaar, daar word nie ‘n front voorgehou of toneel gespeel nie. Daar is dit net jy en die Heilige Gees in jou wat sake uitsorteer.
Hier in die hart lê die oorspronge van ‘n mens se lewe. In jou hart kan jy met My verkeer soos met niemand anders nie. Wanneer jy dringend behoefte het om oor ‘n saak te praat, vind ‘n mens meermale dat daar niemand is vir wie jy met so iets wil belas of kan vertrou nie. Daarom is die stille gebed diep in die hart ‘n kuur, ‘n terapie, ‘n uitlaatklep, ‘n oplossing en ‘n verlossing. Die gebed kan ‘n mens se hart sonder woorde blootlê. Ja, dit is veel beter as baie woorde sonder ‘n hart. Gebed gee vlerke aan die siel, maak ‘n mens bewus van My alomteenwoordigheid. Want julle kan orals en enige tyd bid – selfs sonder woorde bid. Om uit die hart te bid leer julle hoe om te lewe.
‘n Dankbare en diensbare lewe is ‘n gebed. Dit is ‘n kruik wat voortdurend uit My Woord opgevul word. Die bedoelings en gedagtes van die hart word deur die Woord beoordeel. Niks, maar niks in die skepping is vir My onsigbaar nie – alles lê oop en bloot voor My oë. Die tyd raak min. Moenie huiwer om My te bemin nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205