OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 179
Moenie jouself afkraak nie.
17 Januarie 2008 om 02h30
Daar is van julle wat die gawes wat Ek aan julle geskenk het, so minag dat die gawes later onbruikbaar word. Ander bekla die feit dat hulle so algemeen en alledaags is dat hulle geen gawes hoegenaamd het nie. Beide hierdie gesindhede is vir My ‘n droefheid. Ek, Elohim, het aan elkeen van julle ten minste een gawe gegee. Aanvanklik word dit kwalik opgemerk, maar dit is daar en wag om ontdek en ontwikkel te word. Jy het die verantwoordelikheid om eers daardie gawe te ontdek wat Ek aan jou gegee het, en om dit dan tot die maksimale potensiaal te ontwikkel.
Aanvanklik sal jy probleme ondervind en jy sal talle verskonings vind waarom hierdie gawes nie gebruik kan word nie: Jy is te besig, daar is nie tyd nie, jy ervaar werksdruk. Maar die hoofrede mag by jou verbygaan. Dit is dat jy bang is om aan My gawes te begin werk in geval jy misluk en dit nie kan voltooi nie. Iemand fluister in jou oor dat jy nie reg is vir die taak nie, en jy aanvaar hierdie leuen klakkeloos, sonder ‘n poging om te wys dat dit verkeerd is.
Ek, Elohim, gee nooit aan jou ‘n gawe wat jy nie met inspanning en toewyding tot vervulling kan bring nie. Aanvanklik skyn dit bo jou natuurlike vermoë te wees, maar Ek gee aan jou die genade en die krag om geestelik sterk te word en die kern van die gawe wat Ek aan jou gegee het, te ontwikkel en tot volle ontplooiing te bring.
Onthou, indien jy deur ander gerespekteer wil word, is dit belangrik dat jy jouself sal respekteer.
Ek, jou Elohim, sê weer: “Ontdek dit en ontwikkel dit.”
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205