OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 193
Die doel van Christus se sending.
23 Januarie 2008 om 00h15
Die groot verwydering tussen My, Elohim en die mens het plaasgevind toe die mens in ongehoorsaamheid homself onafhanklik verklaar het van My. Hulle het gedink dat hulle daardeur bevry is, maar in werklikheid het hulle die slawe geword van invloede wat sterker as hulle was. Die eie ek het My vervang; liefde is omskep tot wellus en selfbehaging. Ja, hulle eensydige onafhanklikheidsverklaring van My was rampspoedig, want gebeure daarna het bewys dat hulle in hulle eie wysheid en krag hulself en die wêreld nie kan beheer nie. Al het hulle van My af weggedraai, het Ek nie van hulle af weggedraai nie. Ek het neergedaal tot die vlak van hulle en is verpersoonlik in die lewe en werk van Jahshua Messias. Die doel van Messias se koms, was om die gapende kloof wat hulle van My geskei het, te oorbrug.
Deur die Messias se aardse bediening het Ek, Elohim, aan julle getoon wat julle deur My krag kan word. Julle kan bevry word van sonde, in die verrykende ervaring van My inwonende Gees deel, en ‘n steeds ryker gemeenskap met My beleef. Kyk, volgens die Nuwe Testament is dit My ernstige begeerte om, hulle wat van My geskei is, te rehabiliteer. Ek het nie verander nie. My liefde is ewig en hulle wat My en My standaarde aanneem, vind dat hulle verhouding met My volkome herstel is.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205