OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 80
‘n Dankbare hart is ‘n singende hart.
17 Desember 2007 om 02h35
Ellende, verlossing, dankbaarheid – dit is die ritme van die gelowige se lewe. Uit die angste van diep ellende het Israel tot My geroep en Ek het hulle gehoor en verlos. Dit het hulle harte van dankbaarheid laat sing.
Kyk in Psalm 32 het Dawid sy sonde en ellende bely en verlossing van My verkry. Sy hart juig uit louter dankbaarheid. Die woord wat Ek tot hom gespreek het om sy skuld te vergewe was `n magtige woord. Wanneer Ek praat, gebeur daar iets. Deur ‘n woord te spreek, het Ek die hemele gemaak, die son, maan en sterre geskape, en die see geformeer. En as My woord so magtig is, hoe groot en gedug is Ek nie! Ek verydel die planne van nasies, maar My planne staan vir altyd vas. Daarom kan die psalmdigter sy saligspreking uitroep: “Dit gaan goed met die nasie wie se God die Vader is.”
Deur die wentelgange van die eeue sal Ek My wil volbring. Dis nie die grootte van ‘n leër, ook nie die krag van ‘n held of selfs die vermoë van die strydros nie, maar dis Ek wat uitkoms gee. By die oordenking hiervan borrel daar ‘n loflied op uit die hart van die psalmdigter en roep hy alle kinders van My op om te besin en My lof te besing. Jy moenie net met die lippe sing nie. Jubel! Doen dit met jou hart. Laat jou vingers tril op die note van ‘n musiekinstrument. Juig met volle oorgawe tot eer van My.
En terwyl jy sing, begin sommer dadelik bid. Al singende kan dit later vir jou net om die lied gaan. Nee, dis verkeerd! Dit gaan om die God van die lied. Sing en bid. Hef jou hart op tot My wat ook tot jou gespreek het. Maak van jou lied jou gebed en van jou gebed jou lied. Terwyl jy dit doen, sal jy ondervind dat dit een van die aangenaamste vorms van dankbetuiging is.
Jou siel het dit nodig, ja, jou siel het dit nodig.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205