OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

21/11/2007      23h00
Hoe weet ek dit is sonde
Van die vroegste tye af redeneer julle oor wat sonde is en wat nie. Wat is reg en wat is verkeerd? Hieroor vind daar op groot skaal haarklowery en muggiesiftery plaas. Die beslissing word veelal onderwerp aan `n persoonlike oordeel. `n Teks of `n deel daarvan word buite verband uit die Bybel gelig en dan voorgehou as die finale beslissing. Julle moet definitiewe beginsels hê waarvolgens jy jou beslissing kan maak.
Enkele hiervan is:
1)         Is dit die wil van My vir jou lewe?
Dit is My wil dat julle deur goed te doen, `n einde sal maak aan die kwaad wat julle sonder begrip uit onkunde praat. My wil vir julle is slegs goed, alleen die allerbeste. Het Ek dan nie vir julle in Getsemané leer bid “Laat U wil geskied” nie. As `n verkeerde gewoonte jou gesondheid benadeel, as `n optrede jou verhoudingslewe vertroebel, as iets wat jy doen My ongelukkig maak, dan kan dit nie die wil van My vir jou wees nie. Kyk, die wêreld met al sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van My doen, bly ewig lewe.
2)         Sal dit die toets van openbaarmaking kan deurstaan?
Voorwaar Ek sal ook die dinge wat in duisternis verborge is, aan die lig bring en die bedoeling van die hart blootlê. As jy dink jou vriende, of jou ouers, of jou naaste sou weet wat jy doen, sou jy dan nog dink dat dit nie sonde is nie? Vergeet julle te maklik dat Ek wel weet? As baie van die dinge wat jy in die verborgene doen, aan die groot klok gehang moes word, sou jy dan nog dink dat dit nie sonde is nie?
3)         Waarheen lei dit?
Wat is die noodwendige konsekwensies van jou dade? Die loon wat die sonde gee, is die dood, die genadegawe wat Ek, jou Vader gee, is die ewige lewe. Kyk, Jakobus sê dat `n klein vuurtjie `n groot bos aan die brand kan steek. Die sonde is soos `n vuur; dit begin klein, versprei vinnig en steek alles aan die brand, woed verskriklik en vernietigend en laat `n hoop uitgebrande as en eensame kole agter.
4)         Beantwoord dit aan die beproefde morele wette van My?
Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Dit beteken nie om outyds te wees nie, maar om ou, beproefde waardes in `n nuwe tydvak in te dra. Liefde, eerlikheid, reinheid en selfbeheersing is dinge wat `n Goddelike adel in julle lewe indra. Dit teendeel werk vernietigend op julle lewe in.
Kyk, met die waters wat verby is, sal julle meule nooit weer maal, uit die as op jou vuurherd sal julle nooit geen vlam meer haal, `n Traak-my-nieagtige houding lei tot versuim en dit word dikwels gebore uit die idee dat julle baie tyd het, ja, julle dink daar is geen rede vir haas nie, daar is genoeg tyd, daar is nog altyd `n môre.
Waarom nog wag? Jy weet dat jy die vermoë en talente het, jy het al die kanse en geleenthede, jy het al die hulp wat jy verlang. Tog laat jy toe dat jou ideale sterwe. Jy styg nooit op agter jou visioene aan nie. Jy plaas nie `n swaard in die hand van jou drome nie. Nee, die naasbeste word vir jou goed genoeg. Kyk, jou lewe bly `n voortploetering in die vlak modderwater van mislukking en selfverwyt.
Moenie tot môre uitstel wat julle vandag kan doen nie, jy weet nooit of môre ooit sal kom nie. Al wat julle werklik besit, is vandag. Gister is `n herinnering en môre is `n belofte. Uit die hand van My, jou Liefdevolle Vader, ontvang julle vandag en oor vandag sal julle ook aan My verantwoording moet doen. Daarom vermaan Ek julle om nie julle verhouding met My ligtelik te behandel en dit uitstel tot later nie, onthou van uitstel kom afstel.
Kyk, Ek weet en ken al jou heimlike swakhede. Daarom skenk Ek jou die oorwinning.
Julle liefdevolle Vader
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205