OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Woord en kommunikasie
30/11/2007 om 22h00
Kommunikasie is gemeenskap. Dit gebeur wanneer mense deel kry en deel gee aan mekaar. En selfs deel word van mekaar, in sy intiemste vorm.
Kommunikasie is kommunie, Nagmaal, wanneer julle op ‘n vreemde manier deel word van My. As Ek My liggaam te ete aanbied en My bloed te drinke. As julle dan deel word van een liggaam, die liggaam van My, met een Gees, die Gees van My. En as julle deel geword het van My liggaam, is julle ook soos Ek – kinders van die Vader en daarom broers en susters van mekaar.
Ja, dit is die religieuse oorsprong van alle ware kommunikasie – dat julle in beginsel broers en susters van mekaar is. Dat julle nie soos vreemde skepe in die nag by mekaar verbyvaar nie. As Ek julle nie oor-opvoed nie, as Ek julle nie inlyf in die liggaam met ‘n Gees van liefde nie, word of bly julle vreemde groeisels, kankers wat die dood in julle omdra.
Die eerste kommunikasie gaping wat daar ooit was, was toe julle met die bose gemeenskap gehou het. Dit was toe die duiwel geselskap kom soek en julle, julle ore aan die duiwel uitgeleen en die baie praatjies gaatjies gemaak het.
Ja, en kyk, kort voor lank was julle aan`t wegkruip vir My. Gemasker, gekamoefleer agter vyeblare.
Maar toe het Ek na julle kom soek, kom vra: ”Waar is jy? Wat het jy nou gedoen?” Ek wat geweet het, het dus nie die kommunikasie abrup verbreek nie, ek het die kommunikasie bly soek.
En toe het die vreemdste ding tussen julle gebeur. Anders wat julle aanvanklik gedink het, het die gemeensaamheid van die duiwel, wat so gaaf en gesellig gelyk het, uitgeloop op die klaaglike kommunikasie stoornis wat deur die eeue groter en groter sou word.
Kyk, Adam het gesê daar was ‘n misverstand tussen hom en sy vrou, sy het hom mislei. En Eva het die stomme slang die skuld gegee. Kain en Abel kon mekaar net nie verstaan nie, en om sy probleem op te los, het Kain Abel doodgeslaan en toe vir My – wat kom navraag doen – gesê hy is nie sy broer se oppasser nie. Ja, dus die mentaliteit van: Eers skiet en dan vrae. Kommunikasie – zero.
Wat wil Ek met hierdie paar bekende feite uit julle gryse verlede sê? Ek wil daarmee sê wat Ek met die res van die Bybel ook sou kon demonstreer: Dat Ek, julle Vader, die ware oorsprong van alle kommunikasie is en dat afvalligheid van My, die begin van elke kommunikasie gaping is. Totdat ‘n hel julle van mekaar en van My skei.
Ja, die hoogtepunt van die kommunikasie stoornis tussen My, julle Vader en julle was toe julle My aan ‘n galgkruis opgehang het. Dit was daarop bereken om MY stil te maak, om My mond te snoer, om te voorkom dat hierdie spelbreker weer met Sy reguit waarheidswoorde die doodsbeendere in julle binneste oopgrawe, julle korrupte tafels in die tempel omgooi en julle heilige huisies in duie laat stort.
Maar toe het Ek, julle Vader, aanhou praat.
Dit is die grootste wonder van all eeue. Ek het nie My hemelse radiostasie finaal uitgedoof en die moordenaars met vuur en swael tereggestel nie. Ek het die Messias weer laat lewe. En HY het julle met julle eie kruis gered. En HY het tussen julle gestaan en gesê: ”Vrede vir julle! Sjalom!”
En toe op Pinkster het die radikale teendeel van Babel gebeur, toe Ek met hierdie wonder van die kruis in alle tale met mense begin kommunikeer het. ”n Proses wat vandag nog voortgaan, en waarvan niemand wat hier lees, nie iets weet nie.
Nou, maar waarom praat Ek dan daaroor?
Ek praat daaroor om julle, wat so dikwels op die rand van lewe en dood lewe, nuwe moed te gee.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205