OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Hande
07/12/07 om 03h00
Hande is ‘n onvergelyklike skepping van My. Dit is kunstig gevorm om wonderlike dinge te doen. Daar is die hardwerkende hande van ‘n moeder en die sterk, gerusstellende hande van ‘n vader; die kunstige hande van ‘n kunstenaar en die harde, vereelte hande van die arbeider; die geneesheer se hande wat lewe beskerm en die hande van die moordenaar wat lewe wreed neem. Die hand word in ‘n vredesgroet omhoog gehef, of dit word in ‘n vuis van haat saamgepers; dit word gebruik om te steel of om biddend saam te vou. Voorwaar, hande praat sonder woorde ‘n taal van hulle eie.
Maar die hande van My julle Vader is die wonderlikste van alle hande. Wanneer jy kan bely: “My tye is in jou hand,” sing jy ‘n triomflied vir tyd en vir ewigheid. My hande is hande van matelose mededoë en liefde. Hulle nooi: Kom na My toe! Hulle versorg in liefde sodat julle vol verwondering kan sê: Die Vader het voorsien! Hulle beskerm julle liefdevol teen dreigende gevare. My tye is nie in die hande van ‘n blinde noodlot nie, maar in die hande van jou liefdevolle Vader wat jou lei langs groen weivelde en na waters waar daar vrede is. Ek lei jou in liefde deur die lewe en deur die dood tot in die ewigheid.
My hande is hande van ewige trou. Onder alle omstandighede en te alle tye bly getrou. Ek sal nooit laat vaar die werke van My hande nie. My hande is vertroostende hande. In die uur van droefheid voel jy My hande om jou rukkende skouers. Nêrens vind jy troos soos onder die hand van My nie. My hande is vormende hande. Ek kan uit mislukking en teleurstelling iets nuuts tevoorskyn roep wat tot eer van My is. Ek sê: “Kyk, Ek maak alles nuut!” My hande is almagtige hande. My hande kan jou vashou in elke dreigende situasie; hulle kan die storms laat bedaar. Wanneer jy nie verder kan gaan nie, lei My almagtige Hande jou verder. Ek kan jou deur die donker vallei dra.
My hande is genesende hande. Reeds toe Christus op aarde was, het Hy kreupeles laat loop, blindes laat sien, dowes laat hoor en siekes opgerig. Hy kan dit vandag nog doen: Hy kan verlos van die krankheid van die siel en ook van die liggaam. Hy raak vandag nog met Sy hand die lewens van mense aan, want, “deur Sy wonde het daar vir jou genesing gekom.” Omdat Sy hande deurboorde hande is, ja daarom verstaan Hy die verskeurdheid van jou liggaam en jou gees. Hy gee om en wil help.
My hande is smekende hande. Die hele dag brei Ek My hande na jou uit. Ek staan by die deur en klop. Ek nooi en pleit dat jy soos die verlore seun moet terugkeer na die Vaderhuis. My hande is seënende hande. Hulle is uitgestrek in onophoudelike seën oor My kinders en oor die sondeverskeurde wêreld. So was dit gister, so is dit vandag en so sal dit tot in ewigheid wees. Selfs aan die kruis was Sy hande oopgespalk in ‘n nimmereindigende Goddelike seën. Daarom sê Ek: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou Vader. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hande red Ek jou. In tye van My hand, kan jy onbekommerd van dag tot dag leef.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205