OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 151
Wees ‘n blymoedige Christen.
11 Januarie 2008 om 02h00
Die gelowige se lewe is ‘n lewe van diens en oorgawe. Dit mag wees dat jy geroep word om tussen mense in nood te arbei, of dat jou terrein administrasie of ‘n ander vorm van dienslewering is. Wat dit ook al mag wees, dit sal van jou eis dat jy jou tyd en jouself in My diens belê. Ongelukkig het baie van julle die gewoonte om julle taak vir My met ‘n swak gesindheid te verrig. Julle sal julle werk doen en dikwels sal julle dit voortreflik doen, maar julle is onplesierige mense met ‘n swak menseverhouding. Dit bederf julle dade wat openbarings van barmhartigheid of genade in My Naam moet wees. Die gevolg is dat mense huiwer om julle te nader vanweë die gesindheid waarmee hulle gehanteer word.
Jy moet altyd onthou dat watter taak jou ook al opgelê word om vir My te doen, dit in My Naam gedoen word en jou gesindheid sal ‘n goeie of slegte invloed op die Christelike geloof hê. Om te verseker dat jy die heerlikheid en liefde weerspieël in alles wat jy doen, moet jy dit in die krag van die Heilige Gees doen. Volg die voorbeeld van liefde, deernis, begrip en nederigheid wat Ek in My bediening geopenbaar het. Sodoende sal jou dissipelskap en bediening vrugbaar en effektief wees en tot My verheerliking.
Kyk, blymoedigheid is die onmiskenbare teken van die teenwoordigheid van My, Elohim.
Ek maak van jou ‘n blymoedige dienskneg.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205