OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Onthou
1/12/2007 om 12h00
“Onthou altyd dat Ek, julle Vader, Christus uit die dood opgewek het.”
Ja, dit was die geheim van die apostels se ongelooflike dryfkrag: Die vermoë om te onthou!
Kyk, telkens as Paulus in `n doodloopstraat beland het, het hy sy Damaskus-ervaring onthou. Dit het hom nuwe moed gegee. Onthou dis Ek, Christus wat gesê het: “Ek sal met julle wees, al die dae...!”
As jy negatief is en jy staan voor geslote deure, moenie teleurgesteld voel oor teleurstellings nie. As iemand nie oopmaak nie, skud die stof van jou voete af en gaan na die volgende deur. Daar is nie tyd om toe te laat dat teleurstellings jou tempo vertraag en jou momentum versteur nie. As jy die dag by `n oop graf staan, onthou hoedat Ek by Lasarus se graf gehuil het. Onthou dan, Ek huil omdat jy huil. Jy het `n Vader met `n bewoë hart!
As jy skuldig voel oor soveel dinge, soveel sonde, onthou jou doop. Jy is My eiendom. Daaraan kan niks verander nie. Ja, jy kan niks doen of sê wat kan maak dat Ek jou minder liefhet nie. Onthou met die Nagmaal hoe groot die genade is. Dit is `n gedagtenismaaltyd. Ja, julle bely nog julle sonde, maar dan mag jy maar daarvan vergeet. In die Nuwe Testament onthou jy telkens die kruis, die opstanding, die genade, die liefde, die verlossing in Christus. Jou hele lewensfokus is daarop ingestel om dit te onthou en dit nooit, maar nooit te vergeet nie. Die Heilige Gees is uitgestort om julle te help onthou.
En as jy bekommerd is oor `n kind wat afgedwaal het, onthou dan vir Jesus Christus. Onthou dat daardie kind Sy eiendom is: Onthou die doop waar Ek julle Vader belowe het dat Ek nooit die werk van My hande sal laat vaar nie. Op My tyd en My manier sal jou Vader jou kind tot inkeer lei. Of as die angs jou in die nag beklem, onthou dan hoedat Christus in Getsemané geworstel het, sodat jy vrede kan hê.
Onthou dan om te onthou, sê Paulus aan Timothéüs. Onthou dat jou Vader lewe! Beleef dit herhaaldelik. Elke Christen het `n ontmoeting met Jesus Christus gehad. Onthou dit weer en weer en leef dan met moed die toekoms tegemoet.
Kyk, as jy alleen jou verlorenheid besef, sonder om die genade van My aan te neem, dryf dit jou tot desperaatheid. As jy alleen die genade aanneem, sonder om jou eie verlorenheid te bely, sit jy vandag steeds verlam in die bovertrek. Om albei te sien, noem die Bybel bekering. As jy nog in die bovertrek is, roep Ek, jou liefdevolle Vader jou tot volle oorgawe. Moenie daarmee wag nie, want Ek het jou nodig in `n wêreld wat wag op My liefde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205