OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 91
Sy krip, Sy kruis en Sy kroon.
20 Desember 2007 om 02h45
Die mens se lewe is soos ‘n seereis. Nie ‘n reis na aardse hawe nie, maar ‘n reis na die ewigheid. Geen wonder nie dat ‘n Griekse seeman gebid het: “Vader, die oseaan is só groot en my bootjie só broos en klein; wil U nie my Stuurman wees nie?” Julle vaar uit die veilige hawe van jou ouerhuis uit op die groot lewensee met sy stiltes en sy storms; met sy sonskyn en skeurende winde en onheilspellende onweerswolke; met sy vuurtoring en verraderlike rotse na die hawe van julle bestemming.
Julle moet julle voorberei op hierdie reis; jou voorrade, jou ankers, jou kaart en kompas en talle ander belangrike dinge moet in orde wees. Kyk, daarmee saam het die dissipels My met hulle saam in die skuit geneem – ‘n voorbeeld vir elkeen van julle wat dit ernstig bedoel met die lewensreis. Wat sou in die storm met die dissipels gebeur het as Ek nie by hulle was nie?
Julle moet My neem net soos Ek is – en dit beteken met ‘n krip. Ja, Ek met My krip het ‘n diepe simboliese betekenis. Die krip is die teken van nederigheid en diensvaardigheid. Ek het nooit eerste aan My eie belange gedink nie. Ek het gekom om te dien en nie om gedien te word nie. Ek was voetewasser. Ek het gedurig geleer dat julle nederig moet wees soos die boetvaardige tollenaar en nie hoogmoedig soos die hooghartige Fariseër nie. Ek, die koning van alle konings het in ‘n krip kom lê om aan julle te demonstreer dat Ek die hoogmoediges weerstaan, maar aan die nederiges genade gee.
Julle moet My neem net soos Ek is – en dit beteken met ‘n kruis. Die kruis is die teken van gehoorsaamheid: “En toe Ek as mens verskyn het, het Ek Myself verder verneder. Ek was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.” Die kruis beteken selfopoffering en lyding ter wille van die dinge waarin jy glo. Die kruis is die simbool van almal wat gewillig is om sonder murmurering en selfbejammering onder die kruis te buk wat Ek op julle skouers plaas en dit met blymoedigheid agter die Goot Kruisdraer aan te dra. Soos die oester wat van die sandkorrel wat hom irriteer ‘n pêrel maak, so moet julle, julle kruis gebruik om My te verheerlik. As iemand nie sy kruis opneem en My volg nie, kan jy nie My dissipel wees nie.
Julle moet My neem net soos Ek is – en dit beteken met ‘n kroon. “Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.” As julle My met My krip en My kruis in julle lewenskuit neem, sal Ek aan jou die kroon van die lewe skenk. As julle getrou bly en volhard in die stryd ter wille van My Naam, sal die beloning nie uitbly nie. Dan sal julle saam met Paulus kan sê: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig enduit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Ek weer kom, sal Ek, die regverdige Regter dit vir jou gee, en nie net vir jou nie, maar ook vir almal, ja, almal wat met verlange uitsien na My koms.
Wees net lief vir My en Ek sal jou Stuurman wees op jou lewensreis.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205