OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 66
Kom na die maaltyd.
13 Desember 2007 om 09h45
Ja, Ek het baie dade gedoen en baie gelykenisse vertel. Alles is egter nie opgeteken nie. Dit wat wel vir julle op skrif gestel is, het ook vir julle tyd sy waarde en boodskap. ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie uitgenooi. Die genooides het egter almal verskoning gevra, en daarom kon hulle nie kom nie. Toe die eienaar van die huis dit hoor, het kwaad geword en andere na sy maaltyd laat kom. Waarom dan sy toorn? Kon hy nie rede verstaan nie? Nee, maar hy kon hul verskonings sien – dit was maar slegs vyeblare. Hulle wou maar net nie kom nie.
Dit is dan die betekenis en boodskap van hierdie gelykenis. Net soos daardie eienaar berei Ek, julle Hemelse Vader, ook ‘n maaltyd, en ook so nooi Ek, deur middel van My knegte of gesante, vir jou na die maaltyd in die hemel, maar ook soos in die gelykenis wil baie nie kom nie; wil julle My nie as Koning hê nie, en het almal hul redes – die een is te jonk, die ander te swak, ‘n derde het verkeerde vriende, en so meer. Maar net so is julle ook vyeblare. Al jou verskonings is net vyeblare, jy wil maar net nie kom nie. Sal Ek dan by jou moet verbygaan en sal die waarskuwing ook van My waar word “Want Ek sê vir julle, dat nie een van julle wat genooi is, My maaltyd smaak nie.”? Vir jou wil Ek toeroep en sê: Kom na die maaltyd, alles is gereed. Moenie uitstel of verskoning maak nie, kom!
Is daar miskien iemand onder julle wat sê: “My sondes is te veel. Ek is ‘n te groot sondaar om gered te kan word”? Luister wat My Woord sê: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê Ek, julle Vader: Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” En op ‘n ander plek lees julle: “Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Ek in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie jy die vernaamste is.” Ja, Ek het gekom om ook die grootste sondaar te red. Die bloed van die Lam reinig alle sondes en ongeregtighede.
Eendag sal jy ook kan getuig dat Ek het jou gewas in My bloed, jy is nou ‘n nuwe skepsel. En jy kom net om te sê; “Baie, baie dankie; ek sal dit nooit vergeet nie.” Ja, hier was blydskap in die hemele, want nog iemand het vertrou en na die maaltyd gekom. Ook vir jou sê Ek nou: Kom, want alles is gereed, kom na die maaltyd. Miskien is daar iemand onder julle wat sê: “Ek het nog te veel sonde; ek wil eers my lewe geniet; eers as ek oud is, sal ek tot bekering kom; ek wag maar vir die elfde uur. Almal het tog ‘n elfde uur. Het die rower aan die kruis nie net voor sy dood tot bekering gekom nie?” Ja, My kind, dit is waar, elkeen het ‘n elfde uur, maar onthou, niemand weet wanneer daardie elfde uur vir jou kom nie. Julle moet onthou: Daar was twee rowers aan die kruis, en net een het genade gevind. Vir die ander een was die elfde uur lankal verby. Watter waarborg het jy dat jy nie miskien in sy skoene sal wees nie? Nee, My kind, daar kom vir jou ‘n uur wanneer die Heilige Gees nie meer sal pleit nie; wanneer daar van jou geskrywe word: “Efraim is gekoppel aan die afgode, laat hom staan!” En dan is dit vir ewig te laat. Nee, vlug weg, en luister nog na die uitnodiging, so dringend: “O, kom na die maaltyd!” Ek wil jou met nog groter erns vermaan: Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie. Luister, Ek kom na die maaltyd!
Maar nou roem julle nog in grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. Julle wat dan weet om goed te doen, en dit nie doen nie, vir jou is dit sonde. Die Bybel sê: “More kan jy dood wees ... waarom versuim jy? Waarom hink jy op twee gedagtes? Kom, kom na die maaltyd!
Mag Ek, jou Vader, jou ‘n vraag vra – ‘n persoonlike vraag? Maar voordat Ek die vraag stel, net dit: Glo jy dat Ek mense gebruik om ander mense te red? Wel, dit het gebeur toe Ek vir Petrus na Cornelius gestuur het, want so lees julle: “En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: “Stuur manne na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word; hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele gesin gered sal word.” Dit wil sê, Cornelius en sy huis is gered deur die prediking van Petrus. Die Bybel is vol van sulke gevalle. Dus, as jy in die Bybel glo, dan moet jy glo dat Ek die een mens kan gebruik om die ander te red, en dus ook dat Ek jou kan gebruik.
Maar hier is die vraag: Veronderstel nou dit sou vandag jou laaste kans wees wat Ek jou aanbied om gered te word, sou jy van hierdie laaste kans gebruik maak? Net ‘n dwaas sal sê nee. Julle sou almal daarna gryp.
My tweede vraag: Is daar iemand wat dit kan waarborg dat dit nie jou laaste kans is nie! Sal jy kan waarborg dat jy môre nog sal lewe? Nou as dit dan so is dat jy hierdie kans sou aangryp as dit jou laaste kans sou wees, en jy nie kan waarborg dat dit nie miskien jou laaste kans is nie, watter reg het jy om uit te stel en te wag tot môre? Jou verstand en die Woord sê: Moenie wag nie, kom nou, kom na die maaltyd. Kyk daar staan geskrywe: “Soek die Vader terwyl Ek nog te vinde is, roep My aan terwyl Ek naby is.” My tyd van verlossing is nooit môre nie, maar altyd nou! Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie, want Ek is getrou wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie. Almal wat wil kom, ja kom na die maaltyd. Ek help jou daartoe.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205