OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 136
Triomfantlike neerlaag.
06 Januarie 2008 om 01h55
Wie kan julle van My liefde skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Nee, want in al hierdie dinge is julle meer as oorwinnaars deur My wat julle oneindig liefhet.
Triomfantlike neerlaag is om van buite te faal, maar nie van binne nie! Soos ‘n Job kan jy jou besittings verloor, sonder om moed te verloor. Jy kan jou status en posisie verloor omdat jy ‘n onverskrokke getuie is, sonder om jou geloof te verloor. Jy kan jou liggaamlike gesondheid verloor sonder om jou geestelike fiksheid prys te gee. Jou liggaam mag van buite oud word, maar van binne word jy gedurig deur die Gees vernuwe. Sukses en mislukking is diep, innerlike en verborge dinge. Uiterlike neerlaag, maar innerlike oorwinning is wat jou gedryf het om van jou blindheid een glorieryke ervaring te maak.
Triomfantlike neerlaag is om deur die wêreld platgeloop te word, omdat jy standpunt inneem vir ‘n regverdige en edele saak. Ja, Daniël het bewys dat ‘n mens eintlik nie verloor as jy standpunt inneem vir waarheid en regverdigheid nie. Waarheid word nooit finaal oorwin nie en geregtigheid is onoorwinlik tot die einde toe. Om vir ‘n edel saak te misluk, is nie waarlik mislukking nie.
Triomfantlike neerlaag is om neerlaag te verduur in ‘n saak waar My eer gemoeid is. ‘n Mens misluk nooit wanneer jy gewillig is om neerlaag vir My te ly nie. Daarom het Ek saam met Daniël se vriende in die vurige vuuroond verkeer. Hulle skynbare mislukking was ‘n heerlike oorwinning tot eer van My. Ek het aan die vloekhout gelyk soos ‘n bloudruk vir katastrofe en dit het die grootste oorwinning van alle tye geword. ‘n Mens se mislukking plus My sukses is gelyk aan die mees triomfantlike oorwinning denkbaar.
Daarom staan My gelowige kinders altyd op oorwinningsgrond, selfs wanneer mislukking julle in die gesig staar. Een mens met My is ‘n meerderheid.
Soli Deo Gloria – aan My alleen die eer! Daarom weet julle dat julle neerlaag ter wille van My, altyd ‘n triomfantlike neerlaag is. Ek help julle daartoe deur My liefde en genade.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205