OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 157
Die enigste ware God.
12 Januarie 2008 om 01h30
Vanaf die vroegste tye het mense met verskillende gelowe ‘n groot verskeidenheid van gode aanbid. Sommige word gevrees, ander moet gepaai word met gawes en offerandes. Julle vind hierdie afgode in alle vorms en groottes en elkeen is veronderstel om sy eie unieke mag te besit. Een ding wat egter van hulle almal waar is, is dat hulle dooie lewelose voorwerpe is. Hulle het geen gevoel of liefde nie en word gevrees deur die wat hulle aanbid.
Daar is nog ‘n tipe afgod wat deur die mens geskep word. Enigiets waaraan julle verslaaf word, neem die gestalte van ‘n afgod aan. Baie van julle verknog julle siel aan die vergaar van rykdom en besittings, mag en posisie; ander word dwelmslawe. As jy vind dat jy nie sonder een van hierdie en soortgelyke dinge kan klaarkom nie, kan jy seker wees dat jy ‘n afgod geskep het wat jou trou bo alle ander dinge opeis, en dit kan uiteindelik tot jou vernietiging lei.
Ek bied jou egter die lewe in al sy volheid aan as beloning vir jou oorgawe aan My. Ek bied jou liefde, vergiffenis en hoop, verlossing en die ewige lewe. Ek het aan jou ‘n vrye wil gegee om vir jouself te kies.
As jy eenmaal die lewende Messias aangeneem het as jou Verlosser, belewe jy ryke vervulling en vreugde. Dan sal geen ander vorm van aanbidding of toewyding vir jou aanvaarbaar wees nie, omdat jy die enigste ware Elohim ontmoet het.
Ja, kom en ontmoet My!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205