OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 196
Dis ‘n gees van Lof.
23 Januarie 2008 om 22h30
Die gees van lof strook met die geestelike inhoud van Daniël se lewe. Daniël se gebruik was om driemaal per dag te bid en om lofprysinge voor My, Elohim, te betuig. Dit was sy gewoonte. Dink net hoe ingrypend ‘n mens se lewe moet verander, as jy soos Daniël moet doen. By Daniël was sy optrede nie die gevolg van gevaar of noodsaaklikheid nie; dit was sy lewenstyl! Hy was besiel met ‘n gees van lof. Daniël loof My asof niks anders saak maak nie. En waar Ek geloof word, is My verheerliking onafwendbaar! As gevolg van hierdie gebruik van oorgawe aan My is Daniël ‘n rustige man. Hy het geleer wat rus waarlik beteken. Dis om My te loof en te vertrou. Dit bring rus en daar is berusting, ongeag die omstandighede. Kyk, die rustige optrede van Daniël dwing selfs die koning om te erken dat Daniël die kneg van My, die lewende Elohim is. Wat julle moet verstaan, is dat daar by Daniël ‘n intieme waardering en ‘n intense genieting van My en sy godsdiens was. Hy het geweet van ware rus en geloofsvertroue! Daar kan nie lof aan My wees as daar nie ‘n persoonlike belewenis van My is nie. Die lof kom uit ‘n hart wat My geniet en intiem waardeer.
Kyk, julle wil nie graag die negatiewe woord bybring nie, maar tog moet julle bevestig: Die sondaar sal My nie loof nie; iemand wat in sy geestelike lewe agterlosig is, sal My nie loof nie. Ja, Daniël het hom verlustig in My!
Hierdie voortreflike gees wat in Daniël gevind is, is ook ‘n gees van vertroue. Wie My loof, weet hoe om My te vertrou. Wanneer jy My vertrou en My loof, doen Ek vir jou dinge. Ek is getrou en Ek gee rus.
Kom Ek stel ‘n paar duidelike vrae. Moet julle eers ‘n pad van verguising loop, voordat julle sal toestem tot My verheerliking? Moet daar eers iets in jou lewe gebeur voordat julle sal wil buig? Moet daar eers ‘n krisis kom wat julle lewe of julle huis tref, voordat julle aan ‘n voortreflike gees in julle binneste sal toegee? Sal julle dan eers om genade smeek, soos Ek alleen dit kan gee. Wie daagliks buig, sonder die aandrang van ‘n krisis, sal rus ken. Ek gee rus, en hierdie rus hou stand by die man en vrou met die voortreflike gees van lof aan My en vertroue in My.
Kom kry rus by My, jou Elohim.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205