OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Bergtop en vallei
02/12/07 om 19h30
Ek Christus, het nêrens vir My dissipels belowe dat hulle altyd op die bergtop van verheerliking sal vertoef nie. Inteendeel, dit is Ek self wat My dissipels afgestuur het na die vallei waar hulle magteloosheid leer ken het.
Ja, jy sal ook soms op die bergtop verkeer, waar die teenwoordigheid van My ‘n lewende werklikheid in jou lewe sal wees. Jy sal ook die frustrasie en wanhoop van die vallei leer ken waar Ek vir jou ver en afsydig sal skyn te wees. Ja sowaar, albei ervarings sal by tye jou deel wees, maar jy sal self moet besluit in watter van die twee ervarings jy permanent gaan lewe. Kyk, jou Vader se wil vir jou is enkel goed en Ek wil jou op die bergtop sien in aanbidding, maar ook in die vallei as oorwinnaar oor jou omstandighede. Ek wil hê dat jy voortdurend die krag en vreugde sal ondervind wat voortvloei uit die bewustheid van My heilige teenwoordigheid in jou lewe.
Dit is ongelukkig waar dat te min van My volgelinge hulleself sien as oorwinnende kinders van My julle Vader. Julle is verlammend bewus van julle sondes, mislukkings en neerlae en is gedurig besig om julle geestelike onwaardigheid te gebruik as ‘n rookskerm en verskoning om nie ‘n lewe van oorwinning te leef nie.
Ja, indien jy ‘n verslane Christen is, is dit hoog tyd dat jy verby jou mislukkings kyk en die lewe ontdek wat joune kan wees deur die krag van die inwonende Christus. Dit sal sowaar ‘n nuwe kwaliteit aan jou lewe en arbeid gee. Daar sal ‘n nuwe dimensie in jou bestaan ingedra word. Jy sal in gedurige verwondering staan oor die heerlike waarheid dat jy ‘n kind van My mag wees. Hou op om jouself geestelik af te takel en onthou dat Ek jou in My raadsplan nodig het en dat My glorie deur jou in hierdie wêreld weerkaats kan word. Ja, dan smaak jy die lewe van oorwinning ten spyte van daardie dae wanneer jy snikkend deur die vallei van jou eie tekortkominge moet worstel. Hiervoor het Ek julle geroep en toegerus en julle mag met niks minder tevrede wees nie.
Kyk, Ek ontwikkel die vrug van die Gees in jou lewe deur jou toe te laat om omstandighede te ervaar waar jy in die versoeking sal wees om juis die teenoorgestelde karaktertrek te openbaar.
Stel jou gewillig onder My gesag, sodat My Gees jou lewe tot jou volle potensiaal kan ontwikkel.
Om My Ontwil.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205