OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 153
Stadig! Padblokkade vorentoe.
11 Januarie 2008 om 10h30
Bekering is nie die eindpunt nie, dit is maar ‘n beginpunt. Daar lê nog ’n lang reis vir julle vorentoe. Met julle bekering draai julle die rug op die verderf en Satan as eindpunte van julle lewe, maar julle is nog nie tuis nie. Julle moet dag na dag doelgerig koers hou na My toe. Dit is ‘n oorbekende feit dat mense groot aandag gee aan materiële dinge en die plesier van die lewe. Dikwels word dit oorheersende faktore in julle alledaagse lewe en spoedig wentel julle hele lewe daarom heen en word julle totaal daarvan afhanklik. Kyk, jy het met jou hele sterk en aggressiewe natuur op ‘n pad reëlreg weg van My af beweeg. Jy het gemaak soos jy wil en gegaan waar jy wou, maar jy was op die pad van ongeloof. Wat dit ook al mag wees, sodra dit My, Elohim reguleer tot ‘n mindere plek in jou lewe, word dit ‘n afgod en of julle daarvan hou of nie, en of julle gewillig is om dit te erken of nie, word die persoon wat hom daaraan skuldig maak, ‘n afgodsaanbidder. Al wat vir jou getel het, was jou pad, jou wil, jou saak en jou eer. Jy het nie besef dat dit die pad van vernietiging is nie.
Enige vorm van verslawing – of dit werk, plesier of gewoonte is – lei tot ‘n pad wat besaai is met slaggate. Gierigheid, obsessie, verslawing, onbeheerste drange is maar enkeles wat, indien dit nie beheer word nie, kan lei tot rampspoed en die onomseilbare en wrang gevolge vir die wat betrokke is, sowel as vir hulle geliefdes en afhanklikes. Ja, langs die pad van sonde lê altyd die pad van My genade en iewers in jou lewe kruis die twee en beweeg jy en Ek op een pad. Kyk, Ek sê: “Die Messias het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.” Ek soek na julle en praat op talle maniere met julle. Julle moet ‘n keuse maak: Verder op jou eie pad, of verder saam met My op My pad. Waar jy die ewigheid gaan deurbring, hang af van jou besluit by My padblokkade in jou lewe.
Genadiglik besluit jy dat jy voortaan My, jou Elohim, se pad gaan bewandel. Nou gaan dit nie meer vir jou om jou wil, jou saak, jou eer, of jou pad nie. Jy kom tot volle oorgawe aan jou Verlosser en so, deur verandering van pad en koers, beweeg jy nou op My pad. Dit is nie altyd ‘n maklike pad nie, maar dit is ‘n pad wat altyd in heerlikheid eindig. Nou kom jou talente en kragte tot volle ontplooiing.
Het jy al by My padblokkade uitgekom? Wat was jou keuse? Op watter pad is jy besig om verder te gaan? Pas op vir enigiets in jou lewe wat indruis teen jou verhouding met My. As dit bots met jou lewe, los dit! Volg My pad en geniet ‘n lewe van vrede en vervulling. My Heilige Gees sal jou hierin bystaan en help.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205