OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

47 Genade onbeskryflik groot.
7 Desember 2007 om 11h45
Ek sal ingryp en My oor Sion ontferm, want die bestemde tyd het aangebreek, die tyd om hom genadig te wees.
Ja, Julle hoor baiekeer tydens ‘n rugbywedstryd dat die sportkommentator melding maak van die genadelose stryd wat daar op die sportveld woed. Soms sê hy ook dat daar geen genade gegee of gevra word nie.
Ongelukkig is dit ook hoe dit dikwels in die alledaagse lewe gaan. Julle is soms venynig en onvergewensgesind teenoor mekaar. Genade is in baie gevalle nog net ‘n woord wat nie altyd in die praktyk uitwerk nie. Julle – en dit sluit gelowiges ook in – vra of gee eenvoudig nie meer genade nie. Hoe sou dit wees indien Ek, julle Vader, so genadeloos was soos wat julle soms is? Tog is dit baiekeer hoe julle My sien. Julle Vader word as genadeloos voorgeskilder, omdat Ek dan onreg en kwaadwilligheid teen jou toelaat. Dit is ook die onderliggende klag wat in julle deurskemer. Kyk, die psalmdigter pleit eintlik om genade omdat, soos hy dit stel, die bestemde tyd aangebreek het.
Vir jou, onvolkome sondaarmens, het My genade reeds ‘n werklikheid geword. Op die bestemde tyd het Ek my Seun as volkome offer vir ‘n sondige wêreld gegee en so My genade betoon, wat ook vir jou bedoel is.
Ek, julle hemelse Vader, plaas elke mens, ja vir jou ook, soos ‘n vrugteboom in My tuin. Ek gee talente en geleenthede en Ek verwag dat My genade nie tevergeefs deur julle ontvang sal word nie. Ja, julle moet as Christene inderdaad begaan wees oor slegte vrugte in julle lewe – maar daar is baie van julle wat te min begaan is oor die goeie wat in julle lewe ontbreek. Sondes van daad en gedagte en gesindheid en bose begeertes word besef en bely. Teen die lelike word gestry. Maar wat van die goeie wat daar moet wees?
Ja, hoe vind Ek, julle Vader, jou lewensboom? Dra jy die vrug van die Heilige Gees? Is jou lewe rein en waardevol vanweë liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing?
Dit is genade dat jy nog lewe. Kyk, Jesus soek die goeie in jou lewe. Hierdie wêreld mag nie ‘n blote gedaante van godsaligheid in jou sien nie. Wie op My, julle Vader in die hemel vertrou, is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie. Jou blare bly groen en ‘n jaar van droogte raak jou nie en jy hou nie op om vrugte te dra nie. Geen gelowige kan sê dat Ek jou afskeep nie. Kyk, Ek oorlaai jou met soveel voorregte sodat jy voortdurend meer en beter vrugte moet dra. Jy mag My nie teleurstel nie. Jy moet in goed–wees en goed–doen groei. Jy kan ‘n gemerkte boom wees. Uit liefdesdankbaarheid wil jy strewe om veel meer tot eer van My en tot heil van jou naaste te lewe en nuttige vrugte dra. Dit sê Ek vir jou, dit is egte dankbaarheid. Kyk ek sterk jou bedagsaamheid en vaardigheid om My nooit met die sonde van nalatigheid te bedroef nie. Ek het ook onbeskryflike groot genade aan jou bewys. Wees opreg dankbaar daarvoor, en wees lief vir My, julle hemelse Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205