OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 128
Ek en My boodskappers.
04 Januarie 2008 om 00h05
Van Genesis tot Openbaring is daar dikwels sprake van engele. Sommige verskyn in hulle hemelse glorie en ander as gewone mense. Almal, behalwe die opstandiges, verrig diens vir My, die Almagtige Elohim. Omdat My boodskappers dikwels in gewone kleredrag verskyn het, vermaan die Hebreërskrywer julle: “Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense, sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.”
Miskien was daar in jou lewe geleenthede toe iemand, wat jy nooit as ‘n engel sou geklassifiseer het nie, in ‘n oomblik van diepe droefheid My troos aan jou gebring het. Soms is die boodskap aan jou oorgedra in ‘n gewone gesprek, of deur ‘n daad wat jou aan My lewe herinner. Party van My boodskappers dra gewone werksklere, of die voorskoot van ‘n huisvrou. Maar hulle het een ding gemeen met die engel Gabriël; hulle het in die teenwoordigheid van My gestaan en hulle gewillig verklaar om My diensknegte te wees.
Laat julle My dank vir hierdie mense, want hulle verryk julle lewe, omdat hulle tussen julle beweeg. Laat julle dankbaarheid julle egter daartoe lei dat julle ‘n opregte oorgawe van julself tot diens aan My wy, sodat selfs julle boodskappers van My kan word, wat die boodskap van My wil en My liefde aan hulle oordra, saam met wie julle leef.
Wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205