OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 194
Jy is koningskind.
23 Januarie 2008 om 01h18
Jy durf nooit geestelik minderwaardig voel nie. Jy sien miskien hoedat ander betrokke is by gemeentelike bedrywighede, terwyl jy verbygegaan word. Dit lyk of jou vriende oorborrel van die vreugde van My, terwyl jou wandel met My, kleurloos en gebeurtenisloos verloop. In gebed en studiegroepe is dit ander mense wat praat en bid, maar jy sit stil. Ander se kennis is soveel beter as joune, dat dit jou skuldig en onbekwaam laat voel.
Jy moet net altyd onthou dat, toe Ek jou as My kind aanvaar het, Ek dit nie gedoen het op grond van jou kennis, werk of waardigheid nie. Dit het suiwer en alleen afgehang van jou geloof in My en jou aanvaarding van My as jou Verlosser en Saligmaker. Jy sal onthou dat die een misdadiger aan die vloekhout verseker is van sy aanname, nie deur sy prestasies nie, maar suiwer deur sy oorgawe en die genade van My.
Ek aanvaar jou vir wie en wat jy is. Al wat Ek van jou vra, is dat jy in My sal glo en My sal aanvaar as die Elohim van jou lewe. Reageer met blydskap op hierdie uitnodiging en ondervind elke dag die genade en liefde van jou Vader-Elohim. Kyk, Ek, julle hemelse Vader, neem nooit iets van My kinders sonder om julle iets beters in die plek daarvan te gee nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205