OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 58
Moed, getrouheid en blydskap.
10 Desember 2007 om 23h08
As die lewe jou neerdruk en dinge vir jou moeilik is, hou moed! Hou moed in die swartste nag, want wanneer die nag op sy donkerste is, is die dagbreek naby. Hou moed in die stryd van die lewe, want alleen julle wat volhard tot die einde toe, sal die oorwinning smaak. Hou moed as droefheid jou deel is, want daar is Iemand wat weet en wat verstaan. Hou moed wanneer jy stry om jou daaglikse bestaan, want Ek, julle Vader, het immers self gesê: “My genade is vir jou genoeg.”
“Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.” Al word die eentonige gegons van die daaglikse roetine en sleurwerk van die lewe vir jou te veel, wees getrou! Wees getrou in die groot dinge van die lewe, maar wees ook getrou tot in die kleinste toe. Wees getrou wanneer mense jou dophou, maar wees ook getrou wanneer niemand jou sien nie. Onthou: Ek sien alles en altyd!
“Wees altyd bly in My, julle Vader!” Verbly jou in tye van voorspoed, maar ook in tye van teëspoed; in die geselskap van vriende, maar ook in die teenwoordigheid van vyande. Of die hemel oortrek is met onheilspellende onweerswolke en of die stralende sonskyn jou koester – wees altyddeur bly! Met ‘n lied in jou hart kry die lewe jou nooit onder nie.
Kyk, Ek versterk jou deur My Gees om onder alle omstandighede moed te hou; om getrou te wees tot Ek kom en om ‘n blymoedige Christen te wees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205