OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 171
Van vertwyfeling tot vertroue.
15 Januarie 2008 om 04h25
Soms kan jou lewe so ‘n stryd wees tussen vertwyfeling en vertroue. Jy sink weg na onder en jy steek jou hand uit na Bo. Dit hoort tot jou menswees, tot jou lewe duskant die graf. So is ‘n mens.
Sommige mense sal beweer dat jy as gelowige nooit in vertwyfeling mag verval nie. Ja, hulle redeneer so: Ek het jou gered en verlos van alles wat My nie behaag nie en nou moet jy net uit jou oorwinning leef. Hierdie argument hou egter nie steek met My Woord nie. Ja kyk, daar is talle geloofsreuse in die Skrif wat deur sulke dieptes gegaan het. Hulle was gewone mense net soos jy, en ook mense van My volk. Vertwyfeling beteken nie altyd dat daar iets skort aan jou geloof nie, want daar is so baie redes daarvoor. Dit het baie dikwels te doen met jou liggaamlike toestand: Dinge soos moegheid, hormonetekort, bloeddruk, of selfs ook die lewensomstandighede waarin jy jou bevind.
Een ding staan egter soos ‘n paal bo water. Indien jy begin om na My uit te reik, doen jy die regte ding. Al het jy hoeveel waaroms om te vra omdat jy jouself nie verstaan nie, jou omstandighede nie verstaan nie of selfs My handeling met jou nie verstaan nie, reik uit na My, want in My word jou vertroue herstel. Streef daarna om jou selfbeeld altyd te vorm tot ‘n beeld van jouself in My hande, versorg deur My genade. Kyk weg van jouself en kyk op en weet: Ek is jou helper en jou Elohim. Soms sal dit beteken dat jy jouself moet aanspreek. Dan moet jy jouself afvra: Waarom is ek in vertwyfeling? Jy moet eindig met die oproep tot jou hart: Vertrou op My! Moenie net ander mense aanspreek en aanspoor nie. Doen dit teenoor jouself ook. Kry ‘n greep op jouself en skud die swaarkry af.
Uitkoms uit die tranedal van hierdie wêreld beteken nie die einde van alle trane nie. Al lig Ek, Elohim jou uit jou depressie, vrywaar dit jou nie dat jy nie weer in depressie sal beland nie. Al het julle die volmaakte lewe in My, bewandel julle nog met julle voete die stowwerige paaie van hierdie wêreld met sy beproefde lewensomstandighede en is julle sensitief daarvoor. Reik opnuut en van voor af uit na My. Laat elke dag vir jou ‘n nuwe begin wees saam met My. So dikwels as die waaroms kom, moet jy jou vertroue in My versterk. Verstaan dat jy nie ‘n uitsondering is nie. Wat met jou gebeur, gebeur met elke ander mens.
Dis in die samekoms van gelowiges dat jy My hand op jou skouer sal voel en die storms om en in jou weer stil sal word, sodat jou lewensbootjie verder oor die lewens-oseaan kan vaar. Ek bring rus in die vermoeide siel en dryf alle vrees uit. Maak My jou lewensmetgesel. Soek My op. Praat met My. Die grootste fout wat jy kan maak in jou swaarkry, is om jou van ander mense te onttrek. ‘n Brandende kool gaan heeltemal dood as jy dit uit die vuur haal en alleen laat lê. Dieselfde sal met jou siel gebeur. Soek die gemeenskap van gelowiges op en soek My daar. Ja, daar sal jy My vind – tot heil en vrede van jou gemoed.
Kom en maak dit jou lewenspatroon jou lewe lank.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205