OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 186
Soek vir goeie in ander.
19 Januarie 2008 om 00h40
Daar is gelowiges wat onbewustelik die funksie van die Heilige Gees vir hulleself toe-eien. Hulle is gedurig besig om ander mense van hulle sondes te probeer oortuig en aanhoudend op hulle foute te wys. Dit is die Heilige Gees se prerogatief om mense van sonde te oortuig en hulle tot ‘n werklike ervaring van My, die Messias, te bring. Wanneer ‘n gelowige gedurig ander mense veroordeel, is hy blind vir die dinamiese element van die Christelike evangelie: Dat alle mense in My nuwe skepsels kan word. Ja, baie is reeds gesê en geskryf oor die noodsaaklikheid om My eerste te plaas in jou lewe. Die oproep tot onderwerping aan My wil en tot gehoorsaamheid aan My bevele word telkens beklemtoon. Gelowiges word opgevorder om weg te draai van die eise van die samelewing, sodat hulle My met vreugde kan volg. So baie opregte gelowiges probeer voldoen aan die vereistes wat gelowiges opgelê word in hulle poging om ‘n gelowige lewe te lei. Indien hulle eerlik is, sal hulle bely dat dit makliker gesê as gedaan is.
‘n Nuwe skepsel in My is vergewe en al bly hy nog die prooi van versoeking, is hy by magte om dit in die krag van My, sy Verlosser, te hanteer. ‘n Ware gelowige sal die nuutgebore dissipel in ‘n nuwe lig sien. Ja, hy sien nie meer die feilbare kant van die menslike persoonlikheid met al sy swakheid, onaangenaamheid en sonde nie, maar hy begin die verborge potensiaal vir die goeie verstaan in hulle wat hy teëkom. Hy sien die goeie selfs in hulle wat geen trou aan My bewys nie, en hy ontwikkel ‘n waardering vir alles wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is. As julle al die versoekings en verleidings in ag neem wat in die moderne wêreld op julle pad gelê word, is dit verstaanbaar dat dit uiters moeilik is om ‘n lewe te leef wat beantwoord aan My eise. Dit vereis wilskrag en sterkte van karakter wat ver bo die vermoë van die gemiddelde mens is. Die tempo en spanning van die hedendaagse lewe plaas jou onder enorme druk. Hierdie druk word vererger wanneer jy geroep word om vir My te getuig in omstandighede wat reëlreg in stryd is met ‘n gelowige lewenstyl.
Dit is juis in hierdie omstandighede dat jy jou lewe moet oopstel vir die invloed van die Heilige Gees. Nooi Hom om beheer oor te neem oor jou hele wese en jy sal die krag van My ondervind wat jou in staat stel om alle struikelblokke te oorwin wanneer jy vir, deur en in My leef. Die toekoms van die hele menslike geslag hang daarvan af of julle die individuele siel meer volkome en volmaak onder heerskappy van die Heilige Gees kan bring. Wanneer die gelowige soek na die goeie in mense, vind hy dat die persoon geleidelik reageer op dit wat van hom verwag word. Dit mag tyd neem, maar as jy deur die intuïsie wat die Heilige Gees skenk, net die beste in mense soek, vind jy dat hierdie mense dikwels die uitdaging van My aanvaar. Ja, aanvaar My uitdaging!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205