OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 114
Die nimmereindigende soektog.
31/12/2007 om 22h00
Die mens se ingebore heimwee na My, julle Elohim, kan op verskillende maniere tot openbaring kom. Die eerste aanduiding van ‘n geestelike honger is ‘n rusteloosheid wat deur niks gestil kan word nie. Dit kom dikwels in uitdrukking in ontevredenheid met ‘n kerk wat jou oor die jare nie getrou gedien het nie. Wanneer dit gebeur, loop jy die wesenlike gevaar om ‘n geestelike swerweling te word wat vrugteloos soek na... die vrede van My, wat alle verstand te bowe gaan...
Dit is uiters belangrik dat jy nie sal toegee aan die versoeking en deur hierdie omstandighede beïnvloed sal word om met die bose ‘n kompromie aan te gaan, of om jou Christelike beginsels te laat vaar nie. Wat rondom jou gebeur, is van verbygaande aard, maar Ek, jou Elohim se wil, bly vir ewig staan. Daarom sal geregtigheid uiteindelik seëvier en kwaad sal deur goed oorwin word. Die feit aangaande jou geestelike honger, wat dikwels misgekyk of geïgnoreer word, is dat Ek steeds wag om elke mens se geestelike honger en heimwee te vervul. Dit is nie My, julle Vader, se wil dat enige van My kinders uit die sfeer van My liefde sal wegdrywe en ongelukkig sal wees met die lewe wat Ek aan julle geskenk het nie.
Die evangelie boodskap is juis dat Ek, julle hemelse Vader, wag om elke kind van My te ontvang tot ‘n vol en verrykende eenheid met Myself. Dit is My innige begeerte vir julle almal, en vir hierdie doel het Ek vir Messias na die aarde toe gestuur. Om hierdie ryke eenheid te beleef is dit noodsaaklik om van jou koppige ongehoorsaamheid aan My, julle Elohim, weg te draai en deur geloof geskenk van My, die Verlosser aan te neem. Laat MY Gees toe om jou lewe binne te kom, sodat Ek, jou Messias, in jou kan leef.
Soek in My jou krag en neem standpunt in teen die bose wêreld. Stel jou lewe oop vir die invloed van die Heilige Gees, sodat ek jou kan bekragtig om ferm te staan en sterk te wees in jou geloof. In My, jou lewende Elohim, kan en sal jy seëvier. As jy aan My getrou gebly het, sal die dag aanbreek wanneer jy saam met My die oorwinning sal smaak, en dit is die manier waarop jou heimwee of honger na My, jou Elohim, gestil sal word.
Deur My onvoorwaardelik in jou lewe aan te neem, gaan jy ‘n geestelike eenheid met My, jou hemelse Vader binne. Uit My Hand sal jy die oorwinnaarskroon ontvang.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205