OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Verslaan versoeking
03/12/07                      23h20
Julle moet altyd op julle hoede wees teen versoekings. Julle moet My vra om julle elke dag daarteen te bewaar en te beskerm. Die van julle wat meen hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Jy voel miskien soms dat ‘n versoeking gans te veel is om te verduur, maar dis een van Satan se leuens. Ek, julle Vader, het belowe om nooit meer op jou skouers te plaas as wat jou innerlike krag kan behartig nie. Ek sal geen versoeking toelaat wat jy nie kan weerstaan nie. Jy moet egter ook jou deel bydra.
Omdat versoeking altyd met ‘n gedagte begin, neutraliseer jy dit die vinnigste deur jou aandag op iets anders te vestig. Moenie teen die gedagte baklei nie, maar verander net jou gedagte kanaal en kry ‘n ander gedagte beet; ja, dis die eerste stap om versoeking te verslaan.
Soms beteken dit dat jy van `n aanloklike situasie moet wegstap. Staan op skakel die televisie af. Stap verby die groep wat staan en skinder. Stap in die middel van ‘n fliek uit. Doen net wat nodig is om jou aandag op iets anders te vestig.
Wanneer jy op jou eie kragte probeer staatmaak en vergeet om die beskerming van My elke dag van jou lewe te vra, dreig die Satan om die oorhand te neem. Ja, wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van My is.
Die Bybel sê: “Maar die genade wat Ek gee, is nog groter”. Daarom sê Ek: “Ek weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Ek genade. Onderwerp julle dan aan My”
Ja, en nadat julle, julle voor My verootmoedig het en julle aan My oorgegee het, moet julle die Satan weerstaan. Kyk, Jakobus 4:7 lui: “Staan die Satan teë een hy sal van julle af wegvlug.” Julle gee julle nie passief aan die aanvalle oor nie. Julle moet terugveg. Gebruik liewer ‘n bietjie meer tyd om eers goed na te dink wat die gevolge van jou daad kan wees. Want kyk, dit wat jy haat, juis dit doen jy.
Julle moet nooit toelaat dat iemand anders aan jou beginsels probeer buig of breek nie. Efesiërs 5:5 waarsku: “Moenie dat iemand jou met allerlei onwaarhede mislei nie .”
Ek waarsku jou om nooit rammetjie uitnek of selfversekerd te word nie; dis ‘n resep vir ‘n ramp. Kyk die hart is bedriegliker as enigiets anders. Moet jouself nie ewe onverskillig in moeilike situasies plaas nie. Vermy hulle. Onthou, dis makliker om versoeking te vermy as om jou daaruit te wurm.
Kyk, Ek is ‘n vergewensgesinde God wanneer jy berouvol voor My kom neerkniel. Ek is ‘n God van liefde en Ek bly vir My kinders lief, ten spyte van julle oortredings.
Jy was verlore in jou sonde
En van die goeie weg vervreem.
Tog doen Ek aan jou die wonder
Om jou as kind weer terug te neem.
Kyk, jou gebedslewe met My kan so maklik afgeskeep word. Julle moet altyd julle harte vir My oopmaak, sodat Ek die bewoner van jou hart kan wees, en julle daardeur van julle versoekings kan verlos. Ja, Ek weet alles van julle af, Ek weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit gevra het.
Versoekings kan op baie maniere na jou toe kom. Kyk, Satan gebruik ander mense – selfs vriende om jou te versoek. Maar dit is nie die enigste manier waarop versoekings jou pad kruis nie. Gebruik ‘n paar oomblikke om stil te word voor My. Dink aan wat jy vandag gedoen het. Watter versoekings was daar vandag op jou pad? Het jy as kind van My staande gebly, of het jy dalk gestruikel deur te doen wat verkeerd is
Ja, daar is verkeerde dinge wat jy doen deurdat jy jou eie begeertes volg soos byvoorbeeld; leuens, rook, vloek, skinder, drink van sterk drank, onsedelikheid, vuil grappe vertel, steel humeurigheid, en so kan jy hulle opnoem. Julle moet inderdaad versigtig vir julleself wees. Julle is baie keer self die bron van julle sondes, en hierteen wil Ek jou waarsku.
Die Bybel is vol waarskuwings teen versoekings.
So sê Ek vir jou baie duidelik dat daar sekere dinge is wat jy nie moet doen nie. Kyk, in Efesiërs is ‘n pragtige uiteensetting van ‘n klomp dinge wat jy, wat aan My julle Vader behoort, nie moet doen nie.
Jy moet naby My Lewe! Jy moet aan My gehoorsaam wees en baie versigtig lewe. As jy toelaat dat Ek self deur My Gees al die beheer oor jou lewe oorneem, sal jy staande bly en veilig wees. Jy is ‘n kind van My. Daarom moet jy wakker lewe. Jy moet in staat wees om verkeerde dinge en versoekings raak te sien voordat jy die prooi daarvan geword het.
Die lewe is met alle soorte versoekings besaai. Jy is elke dag in ‘n stryd teen die Bose gewikkel, ‘n stryd wat soms vir jou die idee kan gee dat jy bly verloor. Jy moet die wapens wat Ek aan jou gee, gebruik met die krag wat Ek aan jou gee, wapens soos; waarheid, vryspraak deur My, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, swaard van die Gees, dit is die Woord en gebed.
Probeer om jou nou van alles af te sluit en weet dat Ek by jou is...... selfs wanneer jy versoek word. Dit moet jou erns wees om teen die sonde te stry en elke versoeking te weerstaan.
Maar buiten dit alles, sê Ek vir julle dat julle moet lief wees vir My.
Amen
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205