OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 56
Uitvallers.
10 Desember 2007 om 20h00
Lees vandag: Openbaring 2:1-7
Soos in die tyd van Paulus, is daar vandag ook van julle wat “uitval”. Julle val uit die skool uit; uit die kerk uit; uit die wetsgehoorsame samelewing uit.
Julle val nie alleen uit nie, julle val ook weer in! Kyk Demas verlaat Paulus om in te val by die teenswoordige wêreld. Julle kan nie in ‘n lugleegte leef nie: As jy iets uit jou lewe laat wegval, kom daar noodwendig iets in die plek daarvan. Kyk, hy wat die skool vroeg verlaat, val in die strik van onkunde, armoede en werkloosheid. Hy wat uit die kerklike lewe uitval, val weer in by ‘n betekenislose lewe. Hy wat uitval uit die wetsgehoorsame gemeenskap, beland in die hof en die tronk. Nee, jy val nie meer net gerieflik uit nie – dit laat die duiwel jou nooit toe nie. Hy eis jou op vir sy saak.
As jy uitval, verloor jy ook perspektief op die lewe. Ja, Demas staar hom blind teen die flikkerligte en klatergoud van hierdie wêreld. Blywende waardes het skielik vir hom min aantrekkingskrag. Hy leef vir die oomblik en gee geen aandag aan die ewige dinge nie. Die man wat uitval uit een groep, val altyd by ‘n ander groep in. Jy word deel van ‘n ander groep met ander doelstellings. Dit is iets wat julle goed moet oorweeg: Hoe sal die mense lyk met wie ek weer betrokke raak? Die wat uitval, doen dit altyd tot jou nadeel. Kyk, julle word geroep tot ‘n vol, ryk en oorvloedige lewe in My. As julle van My af wegbreek, is daar net geestelike armoede en dood. Demas se geskiedenis is een van geestelike verval.
Miskien het jy nie die koste bereken nie; miskien het jy maar net eenvoudig moeg geword om vir My te werk. Daar is geen groter bedreiging as dat jou ideale met die jare sterf nie. Maar jou grootste fout was dat jy die wêreld meer liefgehad het as vir My, julle hemelse Vader. Dit is ‘n fatale fout.
Kyk, Ek hou jou vas, sodat jy nie van My losraak nie. Ek laat jou soos die loot in die wingerdstok bly, want sonder My kan jy niks doen nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205