OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 199
Vryheid het sy eie verantwoordelikheid.
24 Januarie 2008 om 03h00
Die woord “vryheid” is ‘n baie misbruikte woord. Dit word gebruik om opstandiges te monster en in die naam van vryheid word gruwelike misdade gepleeg. Julle wat die valse leiers volg wat aan julle vryheid beloof, bevind julle gewoonlik onder ‘n nuwe vorm van slawerny. Ware vryheid kan alleen gesmaak word, as die mens se gees vry word van haat, kleinlikheid en naywer, want ware vryheid het ‘n geestelike kwaliteit wat geken en ervaar word deur almal wat My liefhet en dien.
Die oorgrote meerderheid mense leef in slawerny. Hulle mag nie bewus wees van die bande wat hulle bind nie, want hulle het al so gewoond daaraan geraak dat dit ‘n vasgelegde gewoonte geword het. Vooropgestelde idees en verkeerde denkwyses word in hulle negatiewe gesindheid weerspieël. Opvlieënde humeure wat in haat en bitterheid tot uitdrukking kom, openbaar slegs hierdie slawerny wat hulle bind.
Die boodskap van die evangelie bring bevryding vir almal wat gevange gehou word deur die destruktiewe invloede wat julle innerlike wese beheer. Ek, die lewende Messias, vergewe sonde en bevry julle van die bande van die Bose. Dit is ‘n gawe van My volgemaakte liefde as dit in geloof aangeneem word. Soos wat jy My seën se bevryding beleef, sal jy omskep word tot ‘n nuwe, vrye wese wat in harmonie, vrede en liefde met My en jou medemens leef.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205