OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 198
Tweespalt in die binneste.
23 Januarie 2008 om 23h55
Elke persoon ken tot ‘n meerdere of mindere mate die innerlike konflik van ‘n verdeelde persoonlikheid. Daar is tye wanneer jy ‘n oorweldigende begeerte het om ‘n eerbare lewe te leef wat geen kompromie maak nie. Geestelike dinge maak dan ‘n sterk appèl aan jou. Jy is vol vertroue dat jy geen gemene of onwaardige gedagtes sal huisves nie en Ek is vir jou ‘n werklikheid in sulke tye. Dit is moontlik dat juis terwyl jy hierdie gevoelens van ekstase ervaar, jou geestelike verdediging verslap en godsdienstige trots en hoogmoed jou geloof in My, jou hemelse Vader, begin ondermyn. Jy verflou geestelik en geniet nie meer die geestelike krag wat jy eenmaal ondervind het nie.
Onder sulke omstandighede is dit moeilik om jou geestelike entoesiasme te handhaaf. Jy weet wat jy moet doen, maar jy vind dit onmoontlik om dit te doen. Jou laer natuur is in stryd gewikkel met jou denke, wen die geveg en maak jou tot slaaf van die sonde. Dit wat ‘n onophoudelike stryd tussen reg en verkeerd in jou gees kan wees, kan alleen besleg word as Ek, jou Messias, in volkome beheer van jou lewe is. As jy volkome aan My oorgegee is en die versekering het dat My lewende teenwoordigheid jou deel is, sal My verenigende en oorwinnende krag tot jou beskikking wees en word jy ‘n verenigde persoonlikheid.
Die eerste stap na die herstel van die siel is kennis van julle eie sonde.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205