OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 169
Die vlam van hoop.
15 Januarie 2008 om 01h20
Geloof, liefde en hoop – die drie groot beginsels vir die gelowige se daaglikse lewe. En al is liefde die grootste en geloof die grondliggendste bly hoop nog steeds een van drie. Hoop is ‘n eienaardige verskynsel. Soms is daar geen rede om te hoop op uitkoms of iets beters of selfs iets anders nie, maar dan hoop jy nogtans. Dan bly daar ‘n verwagting in jou hart leef wat maak dat jy voortgaan met jou lewe en nie tou opgooi nie.
Die geheim van hierdie onuitblusbare hoop in jou is Ek, Elohim. Ek hou die vlam van hoop brandend deur jou gebed te verhoor, jou by die hand te neem en jou toekoms te skep. Met My by jou, kan jy jou pad aanhou loop en die lewenslig bly sien. Met My by jou, kan jy met vrymoedigheid bely dat Ek met jou is. As jy glo, glo jy omdat Ek in jou lewe ingekom en geloof gewek het. Dis deur My toedoen dat jy glo. Ja, deur geloof sal jy die lewenslig aan die einde van die donker lewenstonnel sien skyn en met hoop vorentoe beur. En waar jou krag faal, sal Ek jou dra. Ek is met jou.
Dit sal jy glo en bly glo as jou lewe gevul is met liefde. Die mens wat My, Elohim, liefhet, weet dat hy My kan vertrou tot die einde toe. Liefde is werklik die grootste. Liefdeloosheid vernietig alle hoop en uitsig. Liefdeloosheid maak morbied. Hoop dra jou deur die donker toekoms, maar hoop word gedra deur geloof en liefde wat op hulle beurt deur My self gedra word. Voed dan jou geloof en liefde deur jou omgang met My en die hoop sal nooit sterwe nie.
Loop met My en jy sal die lewenslig bly sien. Wees lief vir My, julle Elohim en Meester.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205