OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 83
Pasop vir ‘n valse vertroue.
18 Desember 2007 om 11h05
Kyk, Ek die Almagtige, is by julle ... Hierdie uitspraak kan die pragtige getuienis wees van ‘n wonderlike ervaring van My ondersteunende teenwoordigheid. Dit kan egter ook die gevaarlike belydenis wees van ‘n valse vertroue wat geheel en al ongegrond is en slegs op wensdenkery berus.
Jy moet baie versigtig wees. ‘n Mens kan jou kind beveel om heeldag by jou te wees, maar met My is dit anders. Ek is altyd anders. My beskermende teenwoordigheid is nie vanselfsprekend nie. In Jeremia se tyd het Israel My net met hulle lippe gedien en verkondig dat niks met hulle kan gebeur nie. Omdat dit tempel by hulle is, sal Ek hulle beskerm teen hul vyande. Maar die profeet het gewaarsku dat dit ‘n ongegronde en valse vertroue is. Die volk moet My gehoorsaam en van harte eer en eers dan kan hulle uitkoms van My kant verwag. Dit geld ook vir jou en ook in hierdie tyd. Moenie ooit dink omdat jy ‘n Bybel het en dit lees, omdat jy aan ‘n kerk behoort en dit besoek, omdat jy gereeld bid en deelneem aan ‘n Christelike program, Ek daarom noodwendig My Seën op jou gebied nie. Dit alles kan slegs oppervlakkig en uiterlik wees en vir My ‘n hindernis om jou hart te bereik.
Maar as jy dit alles uit jou hart doen en gehoorsaamheid aan My betoon, sodat Ek die eer in jou lewe kan ontvang, dan kan jy bou op die beloftes van My. Dan kan jy soos die psalmdigter sê:
“al gee die aarde pad,
al skuif die berge,
al druis en skuim die see,
ons is nie bang nie,
want God is ons toevlug.”
Daar is niks heerliker nie as hierdie stille wete en vertroue dat jou lewe geborge is in My. Jy het jou hand in My hand gelê en Ek is ‘n betroubare Vader. Jy kom jou kant van die verbondsverhouding getrou na en Ek sorg vir jou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205