OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 95
Dwing hulle in.
22 Desember 2007 om 02h00
Die Bybel mag die mees gelese boek in die geskiedenis wees, maar Hy mag dalk ook kwalifiseer as die boek wat die meeste misverstaan is.
Die Bybel is die boek met die mees ongehoorde boodskap van vreugde. Dat Ek julle die ewige hel vrygeskeld het om My ontwil. Maar miljoene mense het van die Bybel ‘n tweede Koran gemaak, ‘n geraffineerde wet wat die voorskrifte bevat oor hoe om in die hemel te kom. Dan is die Bybel nie meer die boodskap van blydskap nie, maar van knegskap: die mees korrekte formule om ‘n kameel deur die oog van ‘n naald te probeer kry.
Een van die raarste voorbeelde van die verkeerd vertolk van die Bybel is die uitleg wat rondom die Middeleeue aan Lukas 14:23 gegee is: “Dwing hulle om in te kom.” Anankason eiselthein. Die Roomse Kerk het in sy Bybel gelees: Compelle intrare en dit gebruik om sy brandstapels te regverdig.
Intussen is dit die hele evangelie in twee woorde. Ek het ‘n maaltyd gereël, die fees van die nuwe Jerusalem op die nuwe aarde. Maar My spesiale gaste wou toe nie kom nie. Hulle was te besig. Toe het Ek my boodskappers uitgestuur na die strate van die stad om die armes en die blindes en die verminktes en die kreupeles in te nooi. Die mense sonder enige meriete of aanspraak. As hulle die hasepad kies omdat hierdie lyfeienes hulle nie kan voorstel hoe hulle vodde by My maaltyd kan aansit nie, moet julle hulle dwing om in te kom.
Ek, julle Vader, hoop dat julle die diep klank van My genadige liefde in hierdie verhaal en woorde kan hoor. Ek, wat Israel uit die slawehuis uitgelei en uitgedra het, toe hulle wou terug na die vleispotte van Egipte. Ek wat so volhardend met My begeesterde liefdeswoorde aan die deure van julle harte klop dat julle oplaas nie anders kan as om oop te maak en deur My liefde oorrompel te word nie.
So het Ek julle met My onweerstaanbare Gees My koninkryk ingedwing.
Hoe absoluut verregaande om die feesgangers en julself op die skouer te klop. Hoe ongelooflik aaklig om iemand op ‘n pynbank op sterkte hiervan te martel. Hoe onuitputlik die troos in julle diepste twyfel as julle teen julle eie tekortkominge en struikelings vaskyk: Ek het die wat niks het nie, uitverkies om die wat iets is, te beskaam. Sal die niksnutte dan nikswerd bly? Nee hoe kan hulle. Hulle sal lewenslank die getroue slawe word van My wat hulle vrygemaak het; wat hulle selfs as My kinders en erfgename aangeneem het. Julle sal daarteen waak dat die duiwel regkry om julle van julle genadige intog in die koninkryk te laat vergeet. Daarom sal julle daarteen waak om onverskillig te word. Maar julle sal ook daarteen waak om geestelik hoogmoedig trots op julleself te raak.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205