OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

‘n Opdrag om te bid
04/12/07 om 01h45
Die wonder van gebed.
Gebed vorm een van die pilare van jou geestelike groei. Dit is nie net ‘n voorreg om te bid nie, maar ook ‘n uitdruklike opdrag van My, julle hemelse Vader.
Jy het seker al met mense te doen gekry wat jou die gevoel gee dat hulle sulke “super-Christene” is. Ja hulle dink hulle is so effens beter as die gewone Christen. Baie keer hoor jy hierdie geestelike hoogmoed in hulle getuienis en in hulle gebed. Ja, dan voel jy of jy so ver te kort skiet. Moenie so voel nie! Ek sê vir jou dit is beter om stil te bly, as om geestelik meerderwaardig te wees. Hoogmoed – en veral geestelike hoogmoed – is vals en dit is ‘n gruwel in My oë.
‘n Gebed wat My Naam geheilig word, is tegelyk oorgawe aan My. Dit beteken dat jy jou so oorgee, dat ander mense in jou lewe kan sien dat My Naam geheilig is. As My koninkryk in jou lewe kom, word dit sigbaar in elke daad van gehoorsaamheid aan My wat jy uitleef.
As julle hierdie dinge ten volle ontvang en jou eie maak, het jy niks meer nodig nie. As Ek jou oortredings vergewe en jou van die mag van die Bose bevry, is jy ‘n heel mens. Vra dit vir My en ontvang dit deur die geloof uit My hand.
Jy moet onthou dat jy al jou behoeftes deur gebed aan My mag bekend maak. Jy het vandag gesien dat jy vir My kan vra om genadiglik in jou daaglikse lewensbehoeftes te voorsien, jou van jou sondes te vergewe, om jou van versoekings te bewaar en jou van die Bose te verlos. As jy hierdie dinge ten volle ontvang en jou eie maak, het jy niks meer nodig nie. As Ek jou oortredings vergewe en jou van die mag van die Bose bevry, is jy ‘n heel mens. Vra dit vir My en ontvang dit deur die geloof uit my hand.
Ja, omdat gebed ‘n deel van jou gesprek met My, julle liefdevolle Vader is, is dit ‘n wonderlike geleentheid om julle Vader te loof. Daarom is lofprysing ‘n baie belangrike aspek van jou gebedslewe. Ja, lofprysing is ‘n uitroep van blydskap wat aan My die eer gee wat My toekom, wat My Naam verheerlik.
Wees nou stil en rig jou gebede en gedagtes op die grootheid van My. Aanbid My as die Koning van jou lewe en prys My vir al My liefde aan jou.
Kyk, jy vra; hoe kan jy My dank vir alles wat Ek vir jou gee? Natuurlik met ‘n lewe van dankbaarheid. Die gebed is een van die geleenthede waartydens jy My moet dank vir wat jy van My ontvang. Ja, baie mense se dankbaarheid teenoor My het net met materiële dinge te doen soos kos, klere, ‘n gesinslewe en ‘n veilige woonplek. Maar Ek sê: Die lewe wat Ek julle gee, is tog veel meer werd as net die materiële dinge.
Die een ding waarvoor julle My nie genoeg kan dank nie, is dat die Messias na hierdie wêreld gekom het om julle, wat sondaars is, te red! Daarmee saam gee Ek julle krag om te lewe. Ek stel jou in My diens. Wat ‘n wonderlike voorreg om in diens van My te wees. Ja, dit is ‘n oorvloed van genade. Daarby oorlaai Ek julle nog met geloof en liefde – die dinge waarsonder julle My nie kan ken en dien nie.
‘n Ryk geestelike lewe is verweef in ‘n ryk gebedslewe. Die fout wat julle maak is om net vir voorspoed te bid. Julle bid nie vir julle eie geestelike lewe en julle verhoudings met My nie. Daarom bly julle geestelik arm en honger. Gebed is deel van jou gesprek met My. Jy staan nie op ‘n afstand met My en praat soos oor ‘n telefoon nie. Nee dit is ‘n ontmoeting met My waartydens Ek jou met My volheid vul.
Jy mag as kind van My nie geestelik, innerlik arm lewe nie. Nee. Jy moet bid om innerlik met die volheid van My self vervul te word. Daarom wil Ek my kinders in oorvloed gee, My liefde en krag, vreugde en vrede.
Maak dit van vandag af deel van jou daaglikse gebed: Om vervul te word met die volheid van My, julle liefdevolle en barmhartige Vader.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205