OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 53
Dros vanaf my roeping
9 Desember 2007 om 21h35
Die woord “sabotasie” kom van die Franse woord “sabot” – ‘n houtskoen wat die fabriekswerkers in die masjinerie gedruk het om dit te breek wanneer hulle die dag nie wou werk nie. Ja, die duiwel het ook sy eiesoortige sabotasie wat hy in die lewe van My kinders pleeg. Hy slaan niemand oor nie. Selfs die kragtige profeet Elia word deur die duiwel gedrywe tot op die punt waar hy staak. Die duiwel het die houtskoen van moedeloosheid, wanhoop, vrees en afmatting gebruik en die geloofsheld van Karmel word die moedverlorene op die vlakte onder die besembos.
Ja, hy dros en weier om verder te gaan op die pad van sy roeping. Karmel het hom uitgeput. Jesebel se dreigemente maak hom bang. “Dit is nou genoeg!” sê hy vir My (sy werkgewer). En terwyl hy hom voor My ontlaai, kom daar weer rus en vrede in sy gemoed. Dit is noodsaaklik dat julle in julle lewe herhaaldelike ontmoetings met My in die stilte moet hê.
Kyk, Ek versterk Elia in sy roeping. “Staan op en eet, anders is die pad vir jou te lank.” Jy kan nie net gee nie; jy moet ook geestelik gevoed word deur gebed, Bybelstudie, aanbidding en oordenking. Dan ontvang Elia ‘n nuwe openbaring van My: Nie in ‘n sterk wind, ‘n aardbewing of vuur nie, nee maar wel in die gesuis van ‘n sagte stilte. In jou arbeid in die polsende lewe vergeet jy dikwels om My in die stilte te ontmoet, sodat Ek jou roeping opnuut duidelik kan omlyn.
Toe verskyn Ek aan Elia by Horeb, die plek van sy mislukking en diensverlating en vra aan hom: “Wat maak jy hier, Elia? Is jy op die plek waar Ek jou wil hê; waar Ek jou kan gebruik tot My eer; waar Ek met jou kan praat; waar Ek jou lewe en roeping tot vervulling kan bring?”
Na hierdie heilryke ontmoeting met My ontvang Elia ‘n nuwe opdrag. Die insinking is verby. Kyk, Ek van stilte het jou krag gegee vir die ylende en gejaagde lewe. Gaan terug na jou arbeidsveld, Elia! Gaan salf vir My konings; gaan bemoedig my mense; gaan oorwin jou vrees in die strydperk. Kyk, daar is seweduisend wat op jou wag om versterk te word vir hulle stryd in My Naam! “En Ek het daarvandaan weggegaan ...” Weg van die plek van sy skande. Elisa moet aangewys word as sy opvolger en geleer word. Die staking is verby. Sy opstand teen My was ‘n erkenning van sy onvermoë om in eie krag voort te gaan. In die krag wat Ek hom gegee het, sal hy nou sy taak gaan verrig met nuwe vuur en ywer. Nou is Jesebel en Satan nie meer faktore wat hom laat struikel nie. Hy is sterk in sy nuutgevonde geloof.
Ja, julle moet tyd maak om in stilte by My uit te kom, voordat jy onder die besembos op moedverloor se vlakte beland. Ja, hoor my geroep na jou, Ek hou jou vas in die oomblikke van jou swakheid en afgematheid, Ek bewaar jou van onwaardige optrede in My diens. Glo in My, dat ek tot alles in staat is.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205