OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

 

Sjaloom! Vrede vir julle!

23.11.2007 om 00h06

Ek sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!

Sjaloom – beskryf die ideale toestand in die lewe. Dit behels volheid, volkomenheid en harmonie.

Dit is om te wees, eerder as om te besit. Om te wees wat Ek bedoel het jy sal wees. Wat jy waarlik is, is veel belangriker as wat jy besit. Kyk, jy word in die laaste instansie nie beoordeel aan jou besittings nie, maar aan die grootheid van jou gees. ‘n Sjaloom-mens is ‘n mens wat innerlike vrede, gemoedsrus, harmonie en vervulling ken. Dit is ook die verhouding wat tussen julle behoort te wees.

Die sjaloom-vrede is ‘n gawe van My en Ek verwag dat julle dit aan ‘n vredehonger wêreld moet deurgee. Kyk, julle staan ook onder die opdrag van My, julle Vader, wat gesê het: ‘Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.’ Voorwaar Ek sê vir jou, liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels.

Eiréne: - Dit word gesien as ‘orde’. Kyk, Ek is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. ‘Waar eiréne heers, is elke ding op sy plek en funksioneer dit binne die wil van My. So moet alles ordelik en vredevol verloop.

Eiréne is die groot gawe van My in die eindtyd. Daarin is vervat ‘Vrede op aarde’, wat gepaard gaan met die koms van die vleesgeworde Woord, Messias en Meester. ‘Soos die môreson sal Ek opgaan en uit die hoogte op julle afstraal, om lig te bring aan die wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om julle voetstappe te rig op die pad van vrede.’

Voorwaar Ek is julle vrede! Ek het julle vrede bewerkstellig. Ek is die een wat ‘n einde maak aan vyandskap. In die plek van haatdraende mense, skep Ek ‘nuwe’ vredeliewende mense. Kyk, die muur van vyandskap het Ek weggeneem.

Hierdie vrede stel julle dan ook in staat om in vrede met julle medemens te lewe. Kyk, julle word gesante van vrede. Hierdie vrede groei in julle as vrug van die Apartgestelde Gees. Julle beywer julle vir die dinge wat julle onderlinge vrede opbou en bevorder. Dit skep ‘n geestelike eenheid en samehorigheid wat noodwendig, onder My begeleidende hand, op vrede uitloop.

Eindelik lei dit dan ook tot innerlike sielevrede, omdat ’n mens nou ook van binne ‘in orde’ is. Alles wat verkeerd en buite orde was, is uit die weg geruim en elke ding in julle lewe is in sy regte perspektief rondom My gerangskik. Dan het julle ‘n voorsmaak van die hemelse vrede, wat die eindresultaat is van eiréne – ‘vrede met julle!’

Amen

Nota:

My ou broer, Bertus, het nog nooit enige Hebreeus in sy lewe gehoor nie, nog minder Grieks. Hierdie twee woorde het hy waaragtig met die innerlike oor by Vader gehoor, veral die woord shaloom, wat ons altyd as shalôm uitspreek. Selfs die Strongs woordeboek gee die uitspraak as “shaw-lome” in Engels weer. Hier volg die betekenisse van die twee woorde volgens die Strongs Konkordansie:

Bertus profesie 23/11/07 oor VREDE

1515 eirene { i-ray’-nay}  (GRIEKS)

GK - 1645 { eijrhvnh }

1)   a state of national tranquillity

1a)   exemption from the rage and havoc of war

2)   peace between individuals, i.e. harmony, concord

3)   security, safety, prosperity, felicity, (because peace and harmony make and keep things safe and prosperous)

4)   of the Messiah’s peace

4a)   the way that leads to peace (salvation)

5)   of Christianity, the tranquil state of a soul assured of its salvation through Christ, and so fearing nothing from God and content with its earthly lot, of whatsoever sort that is

6)         the blessed state of devout and upright men after death

7965 shalowm { shaw-lome’}  or shalom { shaw-lome’} (HEBREEUS)

GK - 8934 { µwl¿v;

1)   completeness, soundness, welfare, peace

1a)   completeness (in number)

1b)  safety, soundness (in body)

1c)   welfare, health, prosperity

1d)  peace, quiet, tranquillity, contentment

1e)   peace, friendship

1e1)  of human relationships

1e2)  with God especially in covenant relationship

1f)   peace (from war)

1g)       peace (as adjective)

7965.   µ/lv;  shaÆloÆwm, shaw-lome’; or µl¿v;

 shaÆloÆm, shaw-lome’; from 7999; safe, i.e. (fig.) well, happy, friendly; also (abstr.) welfare, i.e. health, prosperity, peace:— × do, familiar, × fare, favour, + friend, × great, (good) health, (× perfect, such as be at) peace (-able, -ably), prosper (-ity, -ous), rest, safe (-ty), salute, welfare, (× all is, be) well, × wholly.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205