OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 109
Hoe ken ek die regte pad?
30/12/2007 om 22h08
Wie sal nog in die donker hoef rond te tas as Ek, Elohim, julle wegwyser wil wees? Daar is weiniges onder julle wat nie op een of ander tydstip van julle lewe verdwaal het nie. Gewoonlik omdat julle ‘n napaadjie gevat het. Die waarskuwing is: “Moet nooit ‘n napaadjie neem nie, want daar is ‘n rede waarom die grootpad (regte pad) nie daarlangs loop nie.” Dan is julle grootste behoefte ‘n padkaart of ‘n vriendelike helper om julle weer op die regte pad te bring. As julle weier om in sulke omstandighede raad aan te neem, kan julle, julle posisie net verder vererger.
Dit is ook met die lewe so. Deur heel die reis van die lewe heen moet julle elke beslissing wat julle maak, aan My, julle Elohim, voorlê. Al geskied dit deur stryd en wroeging, tog sal julle op die regte plek uitkom, solank as wat julle My Woord glo: ”Ek, julle Elohim, sal julle alles leer oor die pad wat julle moet loop.
Die vraag is of julle die hemelse padwyser, naamlik Ek, julle Vader, gaan volg of nie; of julle, julle deur My wil laat onderrig. Daar is ongelukkig soveel van julle wat dit nie wil laat doen nie, ook wanneer julle ewe vroom sê dat julle dit wil laat doen. Julle het dit dikwels in die verlede gesê en tog wil julle die Wegwyser nie in die grond voor julle geplant sien nie. Julle wil ongestoord julle eie pad loop. Is dit dan nie te verstaan dat julle teleurgestel en bedroë daarvan afkom nie?
Ek wil jou onderrig en die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. Ja, hierby is nog ‘n ander sterk trooswoord: “Ek sal My oog oor jou hou.” Sal dit vir julle tot hulp wees om te weet dat My oog op julle rus? Wag dan in stilte van My teenwoordigheid, op My, om aan julle leiding te gee, sodat jy kan seker wees dat jy nie alleen is nie, want Ek, julle Vader, sal daar wees en wag om jou op die regte pad te lei. Ek let op die pad wat jy loop. Mag die gedagte daaraan julle behoed van afdwaling op ‘n verkeerde pad en die uitvoer van verkeerde dade of woorde wat nie van liefde getuig nie.
EK Jahweh sal My oog op julle hou. Mag dit wat tot julle uitnemende troos bedoel is, nie vir julle ‘n bestraffing word nie.
Ek, Jahweh, sal julle altyd ondersteun en julle help om met blydskap jou pad te bewandel. Volg My!
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205