OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 110
Jou ontwikkelende gebedslewe
30/12/2007 om 23h25
Van die geestelike bagasie wat jy in die volgende tydperk met jou sal saamneem, is gebed een van die belangrikste komponente. Sommige van julle beweer dat gebed maklik is. Ander beweer dat dit moeilik is. Indien jy probeer om ‘n groeiende en betekenisvolle gebedslewe te ontwikkel, sal jy weet dat albei hierdie stellings korrek is.
Jy sit met die beste bedoelings van jou hart tyd opsy vir ‘n rustige tyd van gebed, maar net soos jy jou gereedmaak, oorval iets hierdie kosbare oomblikke: ‘n Telefoonoproep; ‘n klop aan die deur; ‘n skielike herinnering aan iets wat jy moes gedoen het. Wees verseker dat die duiwel geen steen onaangeroer sal laat nie om te voorkom dat jy bid. So sal die duiwel ook probeer om jou verder en verder van My, julle Elohim se beskermende liefde, weg te dryf.
Dit sal goed wees as jy hierdie dinge wat jou aandag aftrek, sal neem en hulle met jou gebede sal omvou. Sodoende sal jy uitvind dat jou gebedslewe groei en uitbrei. Neem die steurnisse wat die duiwel op jou pad bring en verander hulle in gebedsonderwerpe. Gebed is nie ‘n statiese krag nie, maar ‘n dinamiese, polsende krag wat aanhoudend gebruik moet word, as dit sy krag moet behou en die funksie moet vervul om jou in ‘n intiemer verhouding tot My te bring. Herlaai jou gebedsbatterye deur gedissiplineerde gebed en voel hoedat Ek, Elohim, weer in jou lewe aan die werk is.
My onveranderlike belofte aan My kinders was nog altyd – en sal altyd wees – dat, as julle net in gebed na My toe sal draai, Ek, Elohim, julle stem sal hoor en julle gebede sal verhoor. Kyk Ek beloof: “...Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.” Ek, die Almagtige Elohim, daag My kinders uit deur te sê: ”...Kom met julle hele hart terug na My toe... Skeur julle hart, nie julle klere nie. Kom terug na julle Vader en Elohim toe.”
Volhard in gebed, maar wees bly en dankbaar dat My antwoorde wyser is as jou gebede. Wat ookal jou bekommernisse mag wees, hoe desperaat die situasie ookal mag wees of lyk, draai in ernstige gebed na My, julle Elohim toe en aanvaar in dankbaarheid die hulp wat Ek jou belowe het.
Ja, gebed is die asemhaling van die wedergebore siel en daarsonder kan geen gelowige wees nie.
Wees lief vir My, julle hemelse Vader en Elohim.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205