OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

 
Die prys van Christus se vriendskap
02/12/07 om 11h00
Nader tot My en Ek sal tot julle nader.
Ja, jy is so na aan my as wat jy wil wees.
Baie mense wil vriende van My wees, maar dan op hulle eie voorwaardes. Kyk, julle bewandel julle eie pad, maak net soos julle wil en voer julle eie planne volgens julle begeertes uit. Dan verwag julle dat Ek, julle Vader, dit moet onderskryf of ten minste dan julle foute en oortredings moet ignoreer. Ek sê die gevolg van hierdie lewensfilosofie is ‘n oppervlakkige, eiegeregtige geloof wat uitmekaar val wanneer daar spanning kom. Julle gebruik My vir julle eie kleinlike doeleindes en dit lei noodwendig tot vertraagde geestelike groei.
Voorwaar, volgens die skrif is Ek gewillig om jou Vriend te wees, maar dan op My voorwaardes. Ja, Ek vereis totale gehoorsaamheid aan die wil van My, jou Vader, soos in Sy Woord geopenbaar. Jy kan alleen op hierdie Heilige Vriendskap aanspraak maak as jy gehoorsaam is. Jou sondige hoogmoed en koppige eiewilligheid mag teen so ‘n oorgawe in opstand kom, maar as jy armoede sonder My (Christus) se vriendskap opweeg teen die volheid en oorvloed wat Ek jou skenk, besef jy dat dit dwaasheid is om enigiets tussen jou en jou vriendskap met My, jou Verlosser, te laat kom.
Ja, Ek weet gehoorsaamheid aan My is nie altyd maklik nie. Maar in die huishouding van My kan mooi woorde nooit die plek van mooi dade inneem nie. Kyk, Ek sê immers self: “Nie elkeen wat vir My sê: “Vader, Vader”, sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net jy wat die wil doen van jou Vader wat in die hemel is.
Soos met enige vriendskap, moet jy hard wek om jou vriendskap met My te ontwikkel.
Nee, Ek verwag nie dat jy volmaak moet wees nie, maar Ek wil volkome eerlikheid hê. Ja, as jy My vriend wil wees, moet jy met My eerlik wees en jou ware gevoelens met My deel, nie wat jy dink jy behoort te voel of te sê nie.
Ja, jy gaan dalk of waarskynlik in verborge woede in wrokkigheid teenoor My moet bieg omdat jy voel dat jy in bepaalde dele van jou lewe gekul of teleurgestel is. Eers as jy volwasse genoeg is om te besef dat Ek alles vir ‘n goeie doel in jou lewe gebruik, dan is jy nie meer kwaad vir My oor jou voorkoms, agtergrond, onbeantwoorde gebede, vorige seerplekke en ander dinge wat jy sou verander as jy Ek was nie.
Om jou in die eerlikheid op te lei, het Ek, julle Vader, die Psalms gegee. Dit is ‘n aanbiddingshandboek vol skeltaal, twyfel, vrese, wrewel en diep passie, maar ook vol dankseggings, prys en geloofsbelydenisse. Ja, jy sal elke moontlike emosie in die Psalms kry. Wanneer jy Dawid en ander mense se emosionele belydenisse lees, sal jy besef dis hoe Ek wil hê jy moet My aanbid – jy moet glad nie jou emosies terughou nie.
Elke keer as jy My wysheid vertrou en doen wat Ek sê, al verstaan jy dit nie, word jou vriendskap met My sterker. Gehoorsaamheid is ‘n kenmerk van vriendskap.
Julle ongelowiges dink dikwels dat Christene gehoorsaam uit verpligting of skuldgevoel of vrees vir straf, maar dit is juis nie so nie. Omdat julle vergewe is en vrygemaak is, gehoorsaam julle uit liefde – en julle gehoorsaamheid bring groot vreugde!
Ware vriendskap is nie passief nie – dit doen dinge. Wanneer Christus julle vra om ander lief te hê, die behoeftiges te help, te deel wat julle het, te sorg dat julle skoon lewe, vergifnis te bied en ander na My toe bring, motiveer liefde julle om onmiddellik te gehoorsaam.
Jy moet besluit om prys te stel op dit waarop Ek prys stel. Dit is wat vriende doen – julle gee om vir die dinge wat vir ‘n ander persoon belangrik is. Hoe meer jy My vriend word, hoe meer sal jy omgee vir dinge wat vir My, julle Vader, belangrik is, treur oor die dinge waaroor Ek treur, en bly wees oor die dinge wat My vreugde gee.
Daar is niks – absoluut niks – belangriker as om ‘n vriendskap met my te bou nie. Dis ‘n verhouding wat vir ewig sal hou. Ja, en soos jou vriendskap met My toeneem en My wil vir jou al duideliker word, sal nie net jou lewe nie, maar ook alle ander verhoudinge in jou lewe in so n mate verryk word, dat jy in verwondering sal staan voor die onuitspreeklike genade van My wat vir jou sulke heerlike dinge berei het. Jy kan nou begin om iets aan die saak te doen. Onthou, dis ‘n keuse. Jy is so na aan My as wat jy wil wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205