OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 94
Wat is die dryfkrag in jou lewe?
21 Desember 2007 om 22h55
Elkeen se lewe word deur iets aangedryf.
‘n Mens sonder ‘n doel is soos ‘n skip sonder stuur – ‘n swerwer, ‘n niks, ‘n geen – mens. Of jy nou ‘n motor bestuur of ‘n gholfbal op sy pad stuur, is jy op daardie oomblik besig om dit te rig, te beheer en in ‘n bepaalde rigting te laat beweeg. Wat is die dryfkrag in jou lewe?
Hier en nou word jy dalk deur ‘n probleem, druk of spertyd gedryf. Jy word dalk gedryf deur ‘n pynlike herinnering, ‘n vrees wat by jou spook, waardes en emosies wat jou lewe kan aandryf. Julle bestee julle hele lewe daaraan om van spyt oor iets weg te hardloop en jul skaamte weg te steek. Skuldgedrewe mense word deur herinnerings gemanipuleer. Julle laat toe dat julle verlede julle toekoms beheer. Toe Kain gesondig het, het sy skuldgevoel hom van My teenwoordigheid afgesny, en toe sê Ek: “Jy sal ‘n doellose swerwer op aarde word!” Deesdae beskryf dit julle op aarde – hulle dwaal doelloos deur die lewe. Julle is produkte van julle verlede, maar hoef nie gevangenis daarvan te wees nie. My doel word nie deur jou verlede beperk nie. Ek spesialiseer daarin om mense ‘n tweede kans te gee. Die Woord sê: “Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. Dit gaan goed met die mens vir wie Ek die oortreding nie toereken nie.”
Julle klou aan julle wonde vas en kom dit nooit te bowe nie. Pleks daarvan om julle pyn deur vergifnis te verlig, laat julle dit weer en weer in julle gedagtes oorspeel. Sommige wrewel-gedrewe mense “sluit af” en internaliseer hul woede, terwyl ander “opblaas” en dit op ander uithaal. Albei reaksies is ongesond en help niks. Luister: Mense wat jou in die verlede seergemaak het, kan dit nie nou nog doen tensy jy deur jou wrewel aan die pyn bly vashou nie. Jou verlede is verby! Niks gaan dit verander nie. Jy maak jouself net deur jou bitterheid seer. Die Woord sê: “Verbitterdheid maak ‘n dwaas dood.” Vrees is ‘n tronk wat jy self bou en wat gaan sorg dat jy nie word wat Ek wil hê jy moet wees nie. Jy moet die wapens van geloof en liefde daarteen gebruik. Ja, Kyk, waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
Julle begeerte om dinge te kry, word die hele doel van jul lewe. Die ewige begeerte vir nog dinge is gegrond op die wanopvatting dat meer goed jou gelukkiger, belangriker en veilig sal maak, nee, al drie die idees is verkeerd. Besittings bring net tydelike geluk. As ander mense se menings jou beheer, is dit ‘n gewaarborgde manier om My doel vir jou lewe mis te kyk. Ander kragte kan jou lewe ook aandryf, maar almal beland in dieselfde doodloopstraat: Ongebruikte potensiaal, onnodige stres en onvervulde lewe. Niks is belangriker as om My doel in jou lewe te ken nie, en niks kan daarvoor vergoed as jy nie weet wat dit is nie – nie sukses, welvaart, roem of plesier nie. Sonder ‘n doel is die lewe net beweging sonder rigting, en gebeure sonder ‘n rede. Sonder ‘n doel is die lewe kleinlik en betekenisloos. Sonder betekenis het die lewe geen beduidenis of hoop nie. Hoop is vir jou lewe ewe noodsaaklik as lug en water. Jy het hoop nodig om aan die gang te bly. As jy wil hê jou lewe moet trefkrag hê, moet jy dit fokus. Ja, jy word op die ewigheid voorberei as jy jou doel ken. Baie van julle bestee jul lewens daaraan om ‘n durende erfenis op aarde te skep. Julle wil onthou word as julle nie meer hier is nie. Wat egter oplaas die meeste saak maak, is nie wat mense oor jou lewe sê nie, maar wat Ek sê: “Eendag gaan jy voor My staan, en Ek gaan ‘n oudit van jou lewe uitvoer, as ‘n eindeksamen voordat jy die ewigheid binnegaan.” Elkeen van julle sal dus oor julleself aan My rekenskap moet gee. Gelukkig wil Ek hê julle moet die eksamen slaag.
Wat het jy met My gedoen? Ek gaan nie oor jou kerkverband of menings oor doktrine uitvra nie. Al wat gaan saak maak, is of jy aanvaar het wat Ek vir jou gedoen het, en of jy geleer het om My lief te hê en te vertrou. Wat het jy gedoen met wat Ek jou gegee het? Wat het jy met jou lewe gedoen – al die gawes, talente, geleenthede, energie, verhoudings en hulpbronne wat Ek jou gegee het? Het jy dit aan jouself bestee, of het jy dit gebruik vir die doel waarvoor Ek jou gemaak het?
Dit sê Ek vir julle, julle hemelse Vader, wees lief vir My, want Ek is lief vir jou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205