OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 152
Moenie jou geloof ondermyn nie.
11 Januarie 2008 om 03h10
Moenie van mekaar kwaad praat nie. Een van die grootste ondienste wat jy aan My, jou Meester, se saak kan bewys, is om die werk van ‘n mededienskneg van My te verkleineer. Dikwels word afbrekende en nadelige kritiek teenoor ‘n ander dienskneg uitgespreek. Die grondslag daarvan is dikwels teologiese of dogmatiese verskille. Die gevolg is noodwendig ‘n verswakking van geloof deur een van die twee persone. Dit skep ook twyfel in die gedagtes van die toeskouers, want is die fondament van die Christelike geloof dan nie die liefde nie.
Elkeen het die reg op ‘n eie opinie en hierdie feit moet altyd gerespekteer word. Jy hoef nie noodwendig met ander saam te stem nie, maar dit is ‘n Christelike vereiste dat verskille konstruktief gehanteer moet word en venynige twisgesprekke vermy moet word. Te dikwels word mense meegevoer deur hulle obsessie met hulle eie standpunt en die eis dat julle mekaar moet liefhê word oorboord gegooi. In al julle onderhandelinge moet julle onthou dat julle dieselfde Elohim dien, en al verskil julle metodes van mekaar, is julle uiteindelike doel om My te verheerlik. Dit kan nie in ‘n atmosfeer van bitterheid geskied nie. As jy egter in gedagte hou dat jy altyd in die teenwoordigheid van My is en getrou aan jou geloof wil wees, durf jy nie nalaat om liefdevol op te tree nie. Kyk, Ek sê weer: “Moenie van mekaar kwaad praat nie.”
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205