OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Jy is geskep
01/12/2007 om 19h45
Jy is op die aarde geplaas om ‘n bydrae te maak.
Ja, jy is nie net geskep om hulpbronne te verbruik en te eet, asem te haal en ruimte in te neem nie. Ek het jou ontwerp om met jou lewe ‘n verskil te maak. Jy is geskep om lewe by die aarde te voeg, nie om iets te neem nie. Ek wil hê jy moet iets teruggee.
Jy is geskep om My, julle Vader, te dien. Ek het jou geskep om jou lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Ek jou bestem het. Jou diens is die “goeie dade.” Wanneer jy ander mense op enige manier dien, dien jy eintlik vir My, en vervul jy een van jou doele.
Kyk, die Bybel sê: “Ek het jou gered en geroep om aan My toegewy te wees. Ek het jou verlos sodat jy My “heilige werk” kan doen. Jy is nie deur diens gered nie, maar vir diens. Ja, die Bybel herinner ook: “...jy is gekoop, en die prys is betaal. Jy moet My dus in jou liggaam verheerlik.”
Ja, jy is deur My geskep, maar nie elkeen is ‘n kind van My nie. Jy kan net deel van My familie word deur weer daarin gebore te word. Ek wil ‘n familie hê, en ek het jou geskep om deel daarvan te wees. Die hele Bybel is die verhaal van hoe Ek ‘n familie bou wat my sal liefhê, sal eer, en vir ewig met My sal regeer.
Om deel van My familie te wees, is die hoogste eer en die grootste voorreg wat jy ooit sal ervaar. Niks kom eens naby nie. Ja, jou geestelike familie is selfs belangriker as jou fisiese familie, want dit gaan vir ewig duur.
Ja, in die hele Skepping is slegs julle na My beeld geskep. Dit is ‘n groot voorreg, en dit gee jou waardigheid. My Woord is soos geen ander woord nie. Dit lewe. Christus het gesê: “Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.” Wanneer Ek, jou Vader, praat, verander dinge. Alles om jou – die hele skepping – bestaan omdat “Ek gepraat het.” Ek het alles met my woorde laat ontstaan. Sonder My Woord sou jy nie eens gelewe het nie. Jakobus wys daarop; “Omdat dit vir My wil was, het Ek jou deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat jy, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Ek geskep het.”
Jy leef omdat Ek, jou Vader, jou wou skep! Ek het elke besonderheid van jou liggaam bepaal. Ek het jou ras, jou velkleur, jou hare en elke ander kenmerk doelbewus gekies. Ja, Ek het jou liggaam pasgemaak soos Ek dit wou hê.
Ek doen niks per ongeluk nie, en Ek maak nooit foute nie. Ek het ‘n rede vir alles wat Ek skep. Elke plant en dier is deur My beplan, en elke mens is met ‘n doel voor oë ontwerp. Liefde was My motief toe Ek jou geskep het. Ja, Ek het aan jou gedink selfs voor Ek die wêreld geskep het. Dis waarom Ek die wêreld geskep het!
Kyk maar net om jou heen. Alles wat Ek geskep het, weerspieël My heerlikheid op die een of ander manier. Julle sien dit orals, van die kleinste mikroskopiese lewensvorm tot die grootste Melkweg, van sonsondergange en sterre tot storms en seisoene. Die skepping toon die Skepper se heerlikheid, naamlik die skepping toon My heerlikheid.
Die grootste prestasie wat jy in jou lewe kan bereik, is om tot My eer te leef. Luister want Ek sê: “...elkeen wat Ek geskep het tot My eer...” Dit moet dus die grootste doelwit in jou lewe wees.
Dit sê Ek ook in alle liefde aan julle, My liewe kinders.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205