OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

21/11/07          02h00
Vir die sondaar
Voorwaarts met liefde My kinders, Ek gee ag op gelowiges wat na My roep. Dit sal vir julle wat glo, nuwe betekenis in die lewe gee. Solank julle nog nie by my is nie, is julle verlore. Ek het ook vir jou gekom. Maak nie saak hoe groot jou twyfel is nie, maak nie saak hoe verstote jy is nie, maak nie saak hoe groot jou sonde is nie.
Elkeen wat `n Bybel besit, besit die grootste skat op aarde. Bly dit ongelees, het dit geen waarde nie. Niks en niemand anders kan soveel vreugde en vrede, soveel geloof, hoop en liefde in ons lewens indra nie. Verwaarloos die Woord en jy verwaarloos My.
Ek sê vir julle; in julle swakheid oortree julle telkemale die Wet. Julle weet dat wanneer julle een gebod oortree, dan oortree julle die hele Wet. Die hele Wet is om My. julle Vader. lief te hê en My alleen te dien en so ook julle medemens lief te hê soos julleself. Maar dit bely julle oor en oor, maar skiet dikwels tekort wanneer julle net julleself dien en liefhet. Ek wil hê julle moet geestelik groei en die sonde uitroei. Word wakker, maak jou oë oop, sodat jy ook die kragtige werking van My Wet kan ervaar.
Ek sal julle versterk wanneer julle swak voel, wanneer julle twyfel, wanneer julle siek voel, wanneer julle harte verskeur is, wanneer die eise van die lewe teveel word, wanneer mense julle verkeerd verstaan. Ek verstaan waarom so baie kinders van My nie die oorwinningslewe ken nie, hulle glo dat so iets waarlik nie moontlik is nie. Die Satan fluister byna kliphard “Ag, wie is nou sonder sondes? Elkeen het maar sy ou foutjies.” Hoe heerlik om agter die swakhede van ander te skuil. Die Woord sê egter, so sal elkeen van julle dan vir homself aan die Vader rekenskap gee.
Voorwaar, Ek sê vir jou, My kind, jy mag aan geen ding verslaaf wees nie, en deur geen swakheid oorheers word nie. Ek gee geen opdrag om julle te bespot nie. Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie. Kyk weg van die sonde. Gee dit oor aan My en bekommer jou nie meer daaroor nie. Deur My Woord te eer, sal julle ontvang. Moet nie na bewyse soek nie. Stap nou uit en gehoorsaam My Woord, en jy sal verlos word.
Stel jouself tot beskikking vir My en Ek sal jou gewete reinig van dooie werke. Luister dan vandag nog na My wat aan die kruis gesê het, “Dit is volbring” en kom na die Vader, Hy sterk jou daartoe,
“Ek is die Weg.” Kom nou en laat ons die saak uitmaak. Word my eiendom, sodat Ek jou ten volle kan besit. Wie My het, het die lewe. Julle begrip van My moet suiwer wees. Besluit dan vandag opnuut en volg My waar Ek jou lei.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205