OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 59
Gemaak om vir ewig te hou.
11 Desember 2007 om 10h30
Hierdie lewe is nie al wat daar is nie. Die lewe op aarde is maar net die kleedrepetisie vir die werklike opvoering. Jy gaan veel meer tyd aan die ander kant van die dood – in die ewigheid – deurbring as hier. Die aarde is ‘n wagkamer, die oefenlopie vir jou lewe in die ewigheid. Hierdie lewe is ‘n voorbereiding op die volgende.
Ja, jy gaan hoogstens 100 jaar op aarde leef, maar daarna vir ewig. Jou tyd op aarde is net ‘n klein parentese in die ewigheid. Jy is gemaak om vir ewig te hou. Die Skrif sê: “Ek het jou ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd.” Jy het ‘n ingebore instink wat na onsterflikheid verlang. Dit is omdat Ek jou na My beeld geskep het om vir ewig te lewe.
Eendag gaan jou hart ophou klop. Dit gaan die einde van jou liggaam en jou tyd op aarde wees, maar nie die einde van jou nie. Jou aardse liggaam is maar net ‘n tydelike huis vir jou gees. Die Skrif noem jou aardse liggaam ‘n “tent”, maar noem jou toekomstige liggaam ‘n “woning”. Die lewe op aarde bied baie keuses, maar die ewigheid bied net twee: Die hemel of die hel. Jou verhouding met My op aarde gaan jou verhouding met My in die ewigheid bepaal. Wanneer jy werklik besef dat die lewe meer as net die hier en nou behels, en jy besef dat die lewe bloot ‘n voorbereiding op die ewigheid is, sal jy anders begin lewe. Jy sal begin om in die lig van die ewigheid te leef, en dit gaan bepaal hoe jy elke verhouding, taak en omstandigheid aanpak. Hoe nader jy aan My leef, hoe kleiner lyk alle ander dinge.
Wanneer jy in die lig van die ewigheid leef, verander jou waardes. Wat eers vir jou ‘n bate was, beskou jy nou as waardeloos ter wille van My. Die dood beëindig jou nie, maar dit is jou oorgang na die ewigheid, dus is daar ewige gevolge van alles wat jy op aarde doen. Elke daad in julle lewens roer ‘n snaar aan wat in die ewigheid sal bly tril. Die lewe bestaan uit veel meer as die hier en nou! Vandag is maar die sigbare oortjies van die seekoei, die ewigheid is die res wat jy nie onder die oppervlak raaksien nie.
Ja, julle vra, hoe gaan die ewigheid met my daar uitsien? Eerlik gesê, kan julle verstand nie die wonder en grootsheid van die hemel kleinkry nie. Die woorde bestaan nie om die ervaring van die ewigheid oor te dra nie. Kyk, die Skrif sê: “....wat in jou hart nie opgekom het nie, dit het Ek gereed gemaak vir die wat My liefhet.” Julle sal ongebroke gemeenskap met My geniet, en Ek sal vir die onbeperkte en eindelose ewigheid behae in julle hê. Op `n dag sal Ek sê: “Kom, julle wat deur My, julle hemelse Vader geseën is! Die koninkryk is van die begin van die wêreld af vir julle voorberei.”
Ja, Ek het `n doel met jou lewe op aarde, maar dit eindig nie hier nie. My plan behels veel meer as die klompie dekades wat hy op hierdie planeet gaan deurbring. Dis meer as die “kans van `n leeftyd”; Ek bied jou `n geleentheid buite jou leeftyd. As jy met My `n verhouding het, hoef jy die dood nie te vrees nie. Dit is die deur na die ewigheid. Dit sal die laaste uur van jou lewe hier op aarde wees, maar nie die laaste sien van jou nie. Eerder as die einde van jou lewe, is dit jou geboortedag in die ewige lewe. Die skrif sê: “....want julle het in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, julle is op soek na die toekomstige. “
Aan die ewigheid gemeet, is julle tydjie op aarde maar `n oogwink, maar die gevolge daarvan sal vir ewig lewe. Dit behoort elke dag julle taak te wees om julle op die laaste dag voor te berei. Jy is geskep om vir My vir ewig te hou. Ja, julle is vir die onsterflikheid gemaak.
Wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205