OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 133
Die wet van die koringkorrel
5 Januarie 2008 om 03h18
Kyk, dit verseker Ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.
Ja, die wet van die koringkorrel vereis dat daar ‘n sterfte moet wees, voordat daar lewe kan wees. Die koringkorrel val in die aarde en sterwe voordat die ryke someroes ingesamel kan word. Kyk Ek sê: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van My nie sien nie.”Soos die koringkorrel, het Ek ook gesterwe, sodat nie alleen Ek nie, maar almal wat My aangeneem het, kan lewe – en dit in oorvloed.
Julle moet ook sterwe om te kan lewe – sterf aan wêreldgesindheid en sonde. Julle moet dus dan altyd onthou dat julle vir die sonde dood is, maar vir My, julle Elohim lewe, omdat julle een is met My. Dit is ‘n onomseilbare eis van die evangelie: Julle moet soos die koringkorrel sterf om te kan lewe.
Julle moet verteer word voordat julle vrugbaar kan wees. Kyk daar is in Egipte koring ontdek wat 2 000 jaar lank verseël was en net so bewaar gebly het. Eers toe dit in die grond geplant is, het dit gesterf, ontkiem en vrugte gedra. Ek het Myself gegee om verteer te word deur die dood en deur My dood het daar oorvloedige lewe gekom. Julle moet ook verteer word deur die dood aan julle hoogmoed, eiegeregtigheid, haat, selfsug en al die ander reste van die sonde. Dan sal julle vrugbaar wees in die koninkryk van My, julle Messias. Daarom word beweer dat julle dan vrug sal dra.
Jy moet gewillig wees om jouself te gee vir ander. Die saad sterf nie vir homself nie, maar sodat ‘n ryke oes vir ander kan wees. Wanneer die koringkorrel sterf, is daar brood vir die mensdom. Ek het gesterf en het so vir miljoene die Brood van die lewe geword. Julle moet in hierdie wêreld sterf aan selfsug en eiebelang, sodat julle na My, julle Meester se voorbeeld ander in hulle nood kan voorsien.
Die wet van die koringkorrel is dat jy moet sterf om vir ander lig te bring, verteer te word om vrug te dra en vir My koninkryk te lewe.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205