OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

46 Nederigheid
7 Desember om 10h15
Hierdie woord word selde geag en dikwels misverstaan en vermy. Ten onregte. “Nederig” noem die Bybel iemand wat vry is van illusies, selfoorskatting, oorgevoeligheid. Saaklikheid en die vermoë tot oorgawe is die bestanddele van nederigheid. Die nederige sien en verstaan waar sy taak lê, omdat jy oplettend is en nie met jouself besig bly nie. Jy stel nie self die maat vas waarmee Ek jou meet nie; jy kry dit by Een wat groter is as jy; as jy ‘n Christen is, is Ek Christus, jou maatstaf. Die nederige neem hom nie voor om so of so ‘n mens te word nie, jy laat jou vorm tot die gestalte wat ‘n ander uit hom maak.
Nederigheid het ook met jou bagasie te doen. Kyk, Jesus het gesê dis moeilik om met baie bagasie deur die “nou poort” te kom. Dit kan skuld wees wat jy saamsleep en wat jy te trots is om te beken. Dit kan ‘n vrees wees, ‘n liefhebbery, ‘n besitting, ‘n beroepsideaal. Moet jy jou bagasie verder dra, of moet jy besluit om dit af te werp? Albei kan verkeerd wees. Wie gesond wil word, moet nie self wil dokter nie. “My genade is vir jou genoeg”, sê Ek aan Paulus as hy bid dat sy siekte van hom weggeneem moet word. “My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Die vermoë om jou in al jou swakheid aan die krag van My toe te vertrou, noem Ek nederigheid. Ja, daar is geen pad na gebed anders as oor hierdie drumpel nie.
Soos die water die hoogte vermy en na die diepte vloei, so woon die wysheid ook net by die nederiges. Moenie jouself met ander vergelyk nie, as unieke mens, met ‘n unieke boodskap, moet jy jou eienskappe nie op ‘n negatiewe wyse met die van ander vergelyk nie. Ja, dit is wel so dat ander ook uniek is en waarde het, maar jy is nie minderwaardig teenoor ander nie. Ek, die goeie Gewer, het vir jou so kosbaar geag, dat Ek jou nie minderwaardig teenoor ander gemaak het en jou ‘n minderwaardige boodskap of opdrag gegee het nie. Glo in jouself en moenie jouself meet aan ander nie.
Die wat hulle met ander vergelyk, is geneig om al die positiewe in ander te sien en net die negatiewe in hulleself. Julle is dan nooit tevrede met julself, julle waarde, julle eienskappe en julle besondere taak of roeping nie. Meet jou aan die eienskappe en die vermoëns wat jy ontvang het en jy sal besef hoe dankbaar jy behoort te wees. ‘n Ondankbare mens is eintlik in opstand teen My! Daarom is ‘n dankbare mens ‘n gelukkige mens.
Om jouself van waarde te ag en om in jou eie innerlike krag te glo, beteken nie noodwendig om verwaand te wees nie. Dit beteken net dat jy glo dat Ek jou van waarde geag het en dat Ek jou ‘n bepaalde toerusting gegee het. Jy moet jou eie tekortkominge en jou eie vermoëns ken. Teen hierdie agtergrond moet jy jou aan jouself meet, jou aanvaar soos jy is, maar met die strewe om deur My genade te groei en te ontwikkel waar moontlik.
Om jou aan jouself te meet, beteken dat jy ‘n gesonde kwota selfrespek sal hê, maar tegelyk ook ‘n prysenswaardige porsie nederigheid. Meet jou aan die positiewe aspekte in jou lewe. Ja, dan eers sal jy besef wat is genade, naamlik onverdiende vermoëns, onverdiende geleenthede en onverdiende leefruimte om jouself te wees en jouself uit te lewe.
Meet jy jou aan jouself, dan besef jy al die bogenoemde genade en word jy ‘n dankbare mens, en ‘n dankbare mens, wat al sy onverdiende voorregte besef, is ‘n gelukkige en tevrede mens. Nie rykdom nie, nie plesier en genot nie, nie geleerdheid of roem en eer is soveel werd as vrede nie. Wanneer jy jou aan jouself meet en jy soek na die vermoëns waaroor jy beskik, dan besef jy eers dat jy jou waarskynlik nog al die tyd onderskat het.
“Die wat Ek lank tevore verkies het, het Ek ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van My Seun, sodat My Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.”
Wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205