OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 119
Dankie om My ontwil.
01 Januarie 2008 om 22h30
As iemand in My, julle Messias se tyd te perd ‘n stad binnekom, het dit oorlog beteken. Kom hy egter die stad binnegery op ‘n esel, dan was dit in vrede. Ek was by uitstek die Vredevors. Ek self sê vir My dissipels: “Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle.” As julle My in julle lewe toelaat, bring Ek ook vrede in julle harte. Baie van julle ken net die perd: Net rusie, twis en stryd. Daarom sê julle tereg van iemand wat gou kwaad word: Hy is gou op sy perdjie. “Geseënd is die vredemakers” is die toesegging van My.
Ek, die Vredevors, kies ‘n donkie om Jerusalem mee binne te ry. Die donkie is veragtelik en onaansienlik, maar Ek gebruik dikwels in My koninkryk die onaansienlikes en onbekwames. Niemand is te gering om deur My gebruik te word nie. Die enigste voorwaarde is dat julle aan My oorgegee moet wees.
Die donkie wat Ek wou gebruik, was vasgemaak en solank dit die geval was, was hy vir My nutteloos. Die sterke Simson, wat vir soveel groot dinge bestem was, sien ons vasgemaak met die kettings van die vyand wat hy verag het. Solank julle met die halterriem van die sonde vasgemaak is, is die duiwel julle baas. Alleen Ek kan julle vrymaak en julle boeie verbreek, sodat julle in My diens kan staan.
Nadat die donkie losgemaak is, moet hy na My gebring word. Hy kon nie maar doelloos ronddwaal nie. Daar was ‘n groot taak wat hy moes gaan verrig. Skielik het die donkie se lewe ‘n nuwe wonderlike doel gekry: Hy moes die Messias dra! Julle dra My in hierdie wêreld as julle My getuies en My beelddraers is. Dit word dikwels gesê: Daardie jongmens is die ewebeeld van sy vader of sy moeder. So moet die wêreld die beeld van My in julle as My kinders sien.
Ek wil almal wat gewillig is, gebruik om My hierdie sondige wêreld in te dra. Julle moenie skuil agter julle swakhede of onvermoë nie, want Ek het selfs ‘n donkie gebruik om My tot diens te wees. Julle moet net losgemaak word van die sonde en ten volle aan My oorgegee wees. As Ek julle vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees. Dan kan julle beelddraers en boodskappers vir My word.
Om My ontwil.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205